Wednesday, 2 December 2015

Artisjok-broodpoeding




Artisjok-broodpoeding
Dié heerlike broodpoeding met artisjokke is in ’n episode van Nataniël se Edik van Nantes voorberei.
Bestanddele
6 groot eiers
2 koppies melk
1 e mosterd
1 t gerasperde neutmuskaat
3 koppies Franse of Italiaanse brood, in 2-3 cm-blokkies gesny
8-12 geblikte artisjok-harte, gedreineer
1 groot gekapte ui
2 e tiemie
1 k Emmental-kaas (of Cheddar)
½ k Parmesaan
Metode
Voorverhit die oond teen 180 °C.
Meng die eiers, melk, mosterd en neutmuskaat in ’n baie groot mengbak.
Voeg die brood by en onderdompel deeglik in die mengsel.
Plaas eenkant sodat die brood die vloeistof absorber.
In ’n pan, verhit die gekapte ui in olyfolie en kook tot sag op mediumhitte.
Voeg die artisjok-harte by en kook vir ’n verdere 5 tot 7 minute totdat die harte begin verbruin.
Voeg by die broodmengsel.
Meng Emmental-kaas en tiemie by.
Skep in oondbak, sprinkel met Parmesaan en bak vir ongeveer 45 minute.