Wednesday 2 December 2015

Gebreekte-koekie-koekies




Gebreekte-koekie-koekies
Nataniël en Erik gee sjokolade-bedekte koekies nuwe lewe met dié resep.
Bestanddele
70 g heuning
120 g botter
250 g sjokolade-bedekte of sjokolade-gevulde koekies, gebreek
150 g gedroogde vye, gekap
75 g gedroogde bosbessies
75 g pekanneute, gekap
50 g versuikerde of ingelegde gemmer, gekap
1 t vars roosmaryn, fyngekap
Metode
Verhit heuning en botter in ’n kastrolletjie.
Roer totdat botter gesmelt is.
Verwyder van hitte en roer res van bestanddele by.
Voer reghoekige bakplaat of koekiepan van 24 cm x 24 cm uit met bakpapier.
Druk mengsel plat in koekiepan.
Laat afkoel, bedek en plaas in yskas vir ten minste 4 ure.
Sny in vierkante en bedien.