Tuesday, 8 December 2015

Kerriehoenderslaai

Kerriehoenderslaai
20 Minute
Genoeg vir 4
Koop 1 gaar hoender by ń winkel en laat dit afkoel. Verwyder vel en vleis van die been en breek in stukke. Meng 250ml mayonnaise, 250ml Griekse-styl jogurt, 5ml borrie en 10ml kerriepoeier saam in ń mengbakkie. Geur sous met sout en varsgemaalde swartpeper. Meng sous met hoender. Rangskik 40g roket op ń opdienbord en skep hoender bo-op. halveer 100g klein rosatamaties en sprinkel oor. Breek ń hand vol vars koljanderblare in stukke en sprinkel oor. Geur weer met swartpeper. Sit voor

No comments:

Post a Comment