Tuesday 8 December 2015

Aarbei-kersboom




Aarbei-kersboom
Maak vir dié nagereg ’n karton-kegel van so 30 cm hoog en trek oor met foelie. Kook 1 koppie witsuiker in 100 ml water tot ’n ligte karamel. Sny agterkant van aarbeie af, doop in warm karamel en druk vas teen kegel, reg rondom tot bo. Drup nou gesmelte witsjokolade oor boom. Vir 8 mense so 1 kg aarbeie en 100 g witsjokolade.