Tuesday 8 December 2015

brosbrood met aarbeie en room




brosbrood met aarbeie en room
(4 porsies)
500 g (890 ml) koekmeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
180 g (195 ml) botter, in klein blokkies gesny
72 g (90 ml) suiker
250 ml room

60 g (60 ml) botter, gesmelt
600 g aarbeie
15 ml suiker
250 ml room, effens geklop
Verhit jou oond tot 180 °C. Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Voeg die botter by en vryf in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg suiker by en meng goed. Gooi room by en meng goed. Plaas op ’n meelbestrooide oppervlak en knie tot ’n gladde deeg. Rol die deeg tot sowat 1,5 cm dik uit. Druk vier sirkels van 7 cm groot uit. Druk nog vier sirkels van 4 cm uit. Plaas die groter sirkels op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en gesmeer is. Smeer die sirkels met die gesmelte botter en plaas die kleiner sirkels bo-op. Smeer hulle ook met botter. Bak vir 20 – 25 minute. Wanneer jy aan die brosbrood raak, moet dit stewig wees. Sny die aarbeie intussen in dun skywe. (Hou van die aarbeie heel met die blaartjies aan vir versiering.) Gooi die gesnyde aarbeie in ’n bak en gooi suiker oor. Meng versigtig deur. Laat staan vir sowat 20 minute. Daar sal ’n lekker stroop vorm. Haal die brosbrood uit die oond en laat afkoel. Dit sal byna soos hoedjies lyk. Skei die twee sirkels van mekaar. Plaas die groter een op ’n bord en skep aarbeie en stroop daaroor. Sit die kleiner een bo-op. Plaas ’n heel aarbei bo-op en gooi van die effens geklopte room oor. Sit onmiddellik voor.