Tuesday, 8 December 2015

Hoenderlewer-patee




Hoenderlewer-patee
4 Porsies
Kap 1 ui baie fyn. Smelt 30 ml botter in ’n pan en voeg gekapte ui en 2 fyngekapte knoffelhuisies by. Braai oor lae hitte tot sag en deurskynend. Voeg 500 g hoenderlewertjies, blaartjies van 2 vars tiemietakkies by, geur met sout en peper en braai vir nog sowat 10 minute tot die lewertjies nog effe pienk in die middel is.
Voeg 25 ml brandewyn by en braai vir nog 1 minuut. Laat vir so 10 minute afkoel en kap baie fyn in voedselverwerker. Voeg 250 ml room by en meng goed. Geur weer indien nodig. Skep uit in bakkies of een bak. Smelt 100 g botter, gooi bo-op en verkoel in yskas tot hard. Die geur verbeter oornag. Garneer met tiemietakkies.