Tuesday 1 December 2015

Grondboontjiebotter-kraakblokkies




Grondboontjiebotter-kraakblokkies
Jy kan enige verskeidenheid neute byvoeg en die sjokolade deur rosyne vervang.
Bereiding: 10 min.
Bak: 35 min.
Lewer 16

250 ml (1 k) meel
 2,5 ml (½ t) bakpoeier
 1 ml (¼ t) koeksoda
’n knippie sout
 125 ml (½ k) krakerige grondbonebotter
 60 g botter
 200 ml (¾ k) bruinsuiker
 80 ml (⅓ k) strooisuiker
 2 eiers
 5 ml (1 t) vanieljegeursel
 125 ml (½ k) neute, gekap
 125 ml (½ k) sjokoladeskyfies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n vierkantige bakpan met bakpapier uit en laat vou orige papier buiteom die rand van die pan.
1.Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n bak. Klits die grondbonebotter en botter in ’n ander bak tot glad. Voeg die suikers by en klits tot goed gemeng. Klits die eiers en vanielje in.
2.Roer die meelmengsel by die bottermengsel in en voeg die neute en sjokolade by. Giet dit in die voorbereide pan en bak 35 min. of tot ’n steekpen skoon uitkom. Laat koel heeltemal af op ’n draadrak en sny dan in blokkies.