Tuesday 1 December 2015




ROOMYS KOEKIE NAGEREG
Smeer ‘n broodpan en voer uit met bakpapier.
Koekies – Ek verkies Romany Creams
Maak 2 liter Vanilla Roomys sag.
Roer ‘n blik Karamel Kondens melk oor effens sag.
Meng met roomys. Of as jy 2 geure roomys wil hê net met die helfte van die roomys.
Smelt ‘n groot plak neute sjokolade in ‘n dubbelkoker met bietjie room tot dit loperig genoeg om te smeer.
Ekstra neute indien verkies.
Sit aanmekaar:
Maak koekies grof fyn.
Versprei van die koekies onder in die pan om ‘n basis te vorm.
Ek het altyd gekrummelde koekies in die kas, so ek is nie seker of jy 1 of 2 boksie koekies benodig nie. Ek sal dink 2.
Smeer die helfte van die roomys in die pan.
Dan ‘n dun lagie sjokolade met die res van die grofwe koekie krummels.
Strooi ‘n dun lagie gebreekte neute oor indien verkies.
Smeer die res van die roomys oor.
Dan weer ‘n stewige laag sjokolade met ekstra gebreekte neute.
Plaas so oop in die vrieskas tot hard gevries. Ten minste oornag!
Opdiening:
Lig/tiep die roomys uit die broodpan saam met die bakpapier.
Verwyder die bakpapier en sny in skywe.
Ongeveer soos dik soos broodskywe.
Halveer die snytjie roomys om ‘n kleiner porsie te verkry.