Friday, 11 December 2015
GEVULDE SAMPIOENE
GEVULDE SAMPIOENE
Bestanddele
½ koppie (125 ml) botter
handvol tiemie takkies
1 knoffelhuise, fyngekap
sout en swartpeper na smaak
6 groot sampioene
6 repies spek, gehalveer
6 eiers
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Smelt die botter in ‘n kastrol en roer die tiemie en knoffel by.
Geur goed met sout en peper.
Vee die sampioene met klam kombuispapier skoon.
Plaas die sampioene onderste-bo op ‘n bakplaat en bedruip elkeen se binnekant met die bottermengsel.
Plaas 2 halwe stukkies spek op elke sampioen en bak in die oond vir 5 - 8 minute.
Verwyder uit die oond en breek ‘n eier versigtig in elke sampioen.
Bak vir 10 - 12 minute of tot die eier gestol is.
Verwyder uit die oond en bedien warm.