15 Sout en 15
Soetterte
SOUTTERTE
1. KORSLOSE
HAM EN KRUIE SOUTTERT
250 ml gekapte pietersielie 125
ml gekapte sprietuitjies
62 ml gekapte oreganum 150
g gaar ham, in blokkies gekap
3 eiers 250
ml melk of joghurt
5 ml sout 2,5
ml vars gemaalde swartpeper
30 ml botter 250
ml vars broodkrummels
125 ml gerasperde kaas
2.
3. EIER
SOUTTERT
4. SPEK EN
TAMATIE TERT
5.
SUIKERMIELIE EN SPEKTERT
6. KAAS EN
HAMTERT
7. KORSLOSE
SPEK EN WORSIETERT
8. KORSLOSE
KAASTERT
9. MOSSEL EN
SAMPIOENTERT
10. AFRIKA
TERT
11. PLAIN
JANE SE SOUTTERT
12. SARDYN
TERT
13.
SNOEKTERT
14. ASPERSIE
TERT
15.
BOELIEBIEF-SOUTTERT
1. JOGURT
TERT
2. KARAMEL
MELKTERT ('n mikrogolf
resep)
3. PYNAPPEL
YSKASTERT
4. KARAMEL
YSKASTERT
5. KOFFIE
TERT
6.
KONDENSMELKTERT
7. KORSLOSE
MELKTERT
8. PEPPERMENT-CRISP
KARAMELTERT
9.
PIESANG TERT
10.
APPELTERT VERRASSING
11. GEBAKTE
GRENADELLA TERT
12.
CREMORATERT
13. RUM EN
ROSYNE YSKASTERT
14. GRIEKSE
VLATERT
15. GEMMER
TERT
Kap die kruie baie fyn in 'n voedselverwerker. Voeg die ham by en kap grofweg. Voeg die eiers, melk, sout en peper by en
meng net deur. Smeer 'n ronde tertbord
van 25 cm in deursnee mildelik met botter.
Sprinkel die helfte van die broodkrummels in die bak. Kantel en skud om die kante en boom goed te
bedek. Gooi die eiermengsel in die
bak. Smelt die orige botter, voeg die
res van die broodkrummels by, en meng deur.
Voeg dan die kaas by en meng deur.
Sprinkel die krummel mengsel oor die eiermengsel in die bak. Bak 30 minute lank by 180C tot net gestol en
effens goud bruin bo-op.
2.
3. EIER
SOUTTERT
4 tamaties geskil, en in dik skywe gesny 1
ui, fyn gekap
25ml vars pietersielie, fyn gekap 6
hard gekookte eiers, afgedop, in skywe gesny
50ml droë broodkrummels 12.5ml
botter of margarien
6 eiers, geklits 5ml
sout
1ml varsgemaalde swartpeper 250ml
room
100ml bier 1ml
rooipeper (opsioneel)
Voorverhit die oond tot 180C. Rangskik die tamatieskywe op die boom van ‘n
goed gesmeerde oondskottel. Strooi die ui en pietersielie oor die tamatieskywe
en rangskik die eierskywe bo-op. Strooi
die broodkrummels oor die eierskywe en stip dit met die botter of
margarien. Klits die res van die
bestanddele saam en gooi dit versigtig oor die inhoud van die oondskottel. Bak dit 45-50 minute lank op die middelste
oondrak totdat dit ferm is. Bedien dit
warm met ‘n mengelslaai.
4. SPEK EN
TAMATIE TERT
250ml koekmeelblom 250ml
gerasperde kaas
5ml bakpoeier 5ml
mosterdpoeier
knypie rissiepoeier 120g
harde botter/margarien, gerasper
2 eiers, geklits 250ml
melk
2 spekrepe, gekap 2
tamaties, sap en pitte uitgedruk
suurdeegekstrak (Marmite)
Meng meel, helfte van kaas, bakpoeier,
mosterdpoeier, mosterdpoeier en rissiepeper.
Voeg gerasperde botter of margarien by.
Meng eiers en melk en voeg by.
Roer met ‘n mes. (Die beslag sal
sag en klonterig wees) Skep in ‘n
tertbord en bak vir 10 minute lank by 180C.
Verlaag temperatuur tot 160C en bak nog 10 minute lank. Braai intussen die spek totdat die vet begin
uitbraai, voeg tamatie by en roerbraai tot effens verlep. Smeer ‘n bietjie Marmite oor warm tertkors en
skep tamatie, spek en res van kaas daarop.
Plaas 5 minute lank terug in oond of onder die oondrooster om kaas te
smelt. Sit warm voor.
5.
SUIKERMIELIE EN SPEKTERT
KORS:
750ml koekmeelblom 5ml
sout
250ml margarien 2
eiergele, geklits
250ml room 8ml
kremetart
VULSEL:
25ml margarien 40ml
koekmeelblom
300ml warm melk sout
en peper na smaak
knippie rissiepoeier 2ml
mosterdpoeier
100ml Cheddarkaas, gerasper 410g(1
blik) geroomde suikermielies
10 swoerdlose spekvleisrepies
Kors:
Sif die koekmeelblom en sout saam en
vryf die margarien met die vingerpunte in.
Meng die eiergele en room goed en voeg dit by die
koekmeelblommengsel. Maak dit aan tot ‘n
stywe deeg. Rol die deeg dun uit en
strooi die kremetart bo-oor. Vou die
deeg in drie en verkoel dit in die yskas.
Rol dit weer dun uit en voer ‘n
gesmeerde tertbord met ‘n deursnee van 200mm daarmee uit.
Vulsel:
Smelt die margarien, voeg die
koekmeelblom by en roer tot glad. Voeg
die melk, sout, peper en rissiepoeier en mosterdpoeier by en roer oor lae hitte
totdat die sous dik is. Verwyder van die
hitte en vou die helfte van die kaas en suikermielies in. Snipper 5 van die spekvleisrepies en braai
dit tot bros. Voeg dit by die
suikermieliemengsel en meng. Skep die
vulsel in die rou tertkors, maak dit gelyk bo-op en strooi die res van die kaas
bo-oor. Garneer die tert met die 5 heel
spekvleis repies Bak die tert 30 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 190C.
Bedien die tert warm.
6. KAAS EN
HAMTERT
30 ml botter 30
ml koekmeel
10 ml gegeurde seesout 'n
knippie rooipeper
5 ml droë mosterd 375
ml karringmelk
250 g ham, of weense worsies in dun repies
250 ml cheddar kaas,
grof gerasper
30 ml fyn gekapte pietersielie 3
eiers, geklits
pasteideeg
Bak
die pasteideeg 10 minute sonder vulsel by 220 C. Verhit die oond tot 180 C. Meng die botter, meel, sout, rooipeper en
mosterd oor lae hitte. Roer die
karringmelk by en meng glad. Roer en
kook 2 minute, verwyder van die
hitte. Laat effens afkoel. Roer die ander bestanddele by. Skep die vulsel in die vooraf gebakte
pasteikors. Bak 45 minute tot mooi bruin en pofferig.
7. KORSLOSE
SPEK EN WORSIETERT
Botter om 'n tertbord van 22 cm te smeer 3-4
eetlepels vars volgraan-broodkrummels om
125 g swoerdlose ontbytspek, gekap om
in bord te sprinkel
15 ml olie 1
klein uitjie, baie fyn gekap
1 x 200-g-blikkie Weense worsies in dun 30
ml gekapte pietersielie
ringetjies gesny 5
ml gemengde droë kruie
250 ml beleë Cheddar-kaas, gerasper 375
ml melk
3 ekstra groot eiers 45
ml meel
5 ml bakpoeier 5
ml gegeurde sout (sout en peper)
5 ml mosterdpoeier
Braai die ontbytspek in die olie tot die vet begin
uitbraai. Voeg die ui by en braai tot
dit sag en glansend is. Voeg die worsies,
pietersielie en kruie by. Sprinkel die
kaas in die voorbereide bak. Skep die
vleismengsel eweredig oor die kaas. Klop
die melk, eiers, meel, bakpoeier en geurmiddels deeglik saam. Giet oor die vulsel. Bak ongeveer 35 minute lank in 'n matige oond
by 180C tot mooi bruin en gestol.
8. KORSLOSE
KAASTERT
15ml botter of margarien 6
eiers, geklits
125ml gerasperde Cheddarkaas 2 tamaties,
geskil en grof gekap
5ml sout 1ml
varsgemaalde swartpeper
12.5ml vars gekapte pietersielie 1 spekvleisrepie,
swoerd verwyder & gekap
Voorverhit die oond tot 180C. Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboombraaipan. Meng die res van die bestanddele en voeg dit
by die gesmelte botter of margarien.
Meng alles goed saam. Gooi die
mengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel en bak dit 35-40 minute lank op
die middelste oondrak totdat dit ferm is.
9. MOSSEL EN
SAMPIOENTERT
30ml botter 1
ui, gekap
170 g sampioene, gekap 85
g gerookte mossels, grof gekap
250ml gerasperde cheddarkaas knypie
rooipeper
2 groot eiers 125
ml melk
5 ml mosterdpoeier 30
ml koekmeelblom
geuropwekker (Aromat) varsgemaalde
swartpeper
Smelt botter in 'n pot. Soteer ui daarin tot sag. Meng ui, sampioene, mossels, kaas en
rooipeper liggies saam en plaas in 'n gesmeerde tertbak. Klits eiers, melk, mosterdpoeier, meel,
geuropwekker en peper saam tot goed gemeng.
Giet melkmengsel oor vismengsel in tertbak. Bak in 'n voorverhitte oond teen 180C vir 30
minute of tot gestol en goudbruin.
10. AFRIKA
TERT
Kors:
70ml botter gesmelt
250ml Bacon Kips koekies, fyngemaak
Vulsel:
2 bosse spinasie, skoongemaak,fyn 3 repies spekvleis,
grof gekap
gekap en gaar gestoom 1 middelslag ui, fyn
gekap
250g geroomde maaskaas 350ml suurroom
4 ekstra-groot eiers, geklits 125g
fetakaas
parmesaankaas
Voorverhit die oond tot 150C en smeer
‘n 20cm-losboomkoekpan met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Meng die botter en koekiekrummels goed en
druk op die bodem en effens teen die kante van die voorbereide koekpan
vas. Hou eenkant. Dreineer die gestoomde spinasie goed en druk
dan in jou vuis droog om van alle vloeistof ontslae te raak. Braai die spek tot halfgaar, voeg die uie by
en braai tot die uie sag en geurig is.
Klits die maaskaas, suurroom en eiers goed saam. Roer die spek en uiemengsel asook die
spinasie by. Roer die fetakaas in en
giet in die voorbereide kors. Bak 1¼ uur
lank tot ferm en goudbruin. Sprinkel ‘n
bietjie parmesaankaas oor en laat staan vir omtrent 30 minute om stewig te
raak. Bedien louwarm of teen kamertemperatuur.
11. PLAIN
JANE SE SOUTTERT
3 dik snye brood gekrummel 500ml
melk
25ml botter 375ml
gerasperde Cheddarkaas
1 blikkie Weense worsies, in stukkies gesny 1
pakkie spekvleis, in stukkies gesny
2 groot uie, fyn gekap 4
eiers geklits
1 teelepel gemengde kruie knippie
sout
knippie rooi peper 20ml
mosterdpoeier
1 blikkie geroomde sampioene (opsioneel)
Kook die melk, brood en botter saam. Braai die spek en uie tot ligbruin. Klits die eiers. Roer al die bestanddele goed saam. Bak in 'n gesmeerde oondskottel vir ongeveer
35 minute by 180 C.
12. SARDYN
TERT
2 blikkies sardientjies 113g
gerasperde beleë Cheddarkaas
5ml gekapte pietersielie 170g
graanvlokkies
3 eiers, liggies geklits in 37.5ml melk 12.5ml
suurlemoensap
sout en peper na smaak brostertdeeg
5ml gekapte ui
Voorverhit die oond tot 200C. Maak die sardientjies fyn en voeg res van
bestanddele by .Skep mengsel in ‘n uitgevoerde tertpan. Bedek met uitgerolde brostert deeg. Bak vir 15 minute en verminder dan die hitte
na 180C. Bak vir nog 15 minute.
13.
SNOEKTERT
45ml botter of margarien 125g
Cheddarkaas gerasper
6 meduim aartappels, gekook, geskil, in skywe sout en varsgemaalde swartpeper
1 groot tamatie, in skywe gesny 375ml
room of dun witsous
15ml gerasperde Parmesaan of Cheddarkaas 125ml
vars broodkrummels
klein bietjie botter of margarien.
Verwyder vel en grate en vlok die vis. Braai uie in botter of margarien tot
sag. Plaas ‘n laag aartappels in ‘n
gesmeerde oondskottel, voeg ‘n paar uieringe by en skep ‘n bietjie vis
daarop. Strooi kaas bo-oor. Geur met sout, indien nodig, en ‘n goeie
skoot gemaalde peper. Herhaal lae en
eiendig met aartappels. Rangskik
tamatieskywe bo-op. Giet room of witsous
oor en werk dit met ‘n kleinerige lepel deur tot op boom van skottel. Meng res van kaas en broodkrummels, strooi
bo-oor en stip met botter of margarien.
Bak ongeveer 35 minute lank by 180C of tot goed warm en goudkleurig.
14. ASPERSIE
TERT
KAASKORS:
250ml koekmeelblom 125ml
gerasperde kaas
125ml gerasperde botter
Meng al die bestanddele tot ‘n stywe deeg. Druk vas op bodem en kante van bak met ‘n
deursnee van 220mm. Vul met die volgende vulsel.
VULSEL:
100g biltong, in dun repies (of met groente) 4 eiers
300ml ongegeurde jogurt 250ml
gerasperde kaas
30ml gerasperde parmesaankaas 80ml melk
340g (1blik) aspersielote, gedreineer paprika & 30ml
parmesaankaas (garnering)
Strooi biltong op tertkors. Klits eiers, jogurt, kaas, parmesaan-kaas en
melk goed en gooi oor die biltong. Pak aspersies bo-op eiermengsel en strooi
res van parmesaankaas bo-oor. Bak 45 minute by 180C tot gestol.
15.
BOELIEBIEF-SOUTTERT
3 snye witbrood, korsies verwyder 375ml
melk
1x300g boeliebief 1
ui, gekap
15ml olie 250ml
gerasperde kaas
3 ekstra groot eiers, geklits
Voorverhit oond tot 190C en smeer ‘n medium tertbord met
botter of bespuit met Spray & Cook.
Meng al die bestanddele en keer uit in tertbord. Bak vir 30-45 minute tot goudbruin en
gestol. Bedien met ‘n slaai.
SOETTERTE
1. JOGURT
TERT
500 ml Jogurt (enige geur waarvan julle hou) 1 blik kondensmelk
1 pak Tennis beskuitjies botter
1. Maak beskuitjies fyn vir kors en meng met gesmelte botter.
2. Meng jogurt en kondensmelk goed.
3. Gooi oor kors en sit in mikrogolfoond vir 4 min. op hoog.
4. Sit in yskas vir ± 1½ uur.
2. KARAMEL
MELKTERT ('n mikrogolf
resep)
KORS:
6 Marie-beskuitjies ½
koppie sagte bruinsuiker
1 koppie klapper ½
koppie koekmeelblom
knippie sout ½
koppie botter of margarien
VULSEL:
2 ekstra groot eiers 4
koppies melk
½ koppie mielieblom 60g
suiker
15ml vlapoeier knippie
sout
12.5ml botter of margarien 5ml karamelgeursel
Rol die
Marie-beskuitjies fyn. Voeg die
bruinsuiker, klapper, koekmeelblom en sout by en meng. Mikrogolf die botter ongeveer 1 minuut lank
oop by 100% krag in ‘n diep, mikrogolfvaste bak met ‘n volume van 2 liter net
tot gesmelt. Voeg die beskuitjiemengsel
by en meng. Hou 30ml van die
beskuitjiemengsel eenkant. Druk die res
van die mengsel met die agterkant van ‘n metaallepel vas teen die wand en op
die boom van ‘n tertbak met ‘n volume van 2 liter. Mikrogolf die kors 2 minute lank oop by 100%
krag. Skei die eiers. Klits die eiergele en 200ml van die melk saam
die dieselfde bak waarin die botter vir die kors gesmelt is. Voeg die mielieblom, suiker, vlapoeier en
sout by en klits tot gemeng. Voeg die
res van die melk by. Mikrogolf die
mengsel 12 minute lank oop by 100% krag tot gaar. Roer dit elke 2 minute goed. Roer die botter en karamelgeursel by. Klits
die eierwitte tot styf, maar nie droog nie.
Vou dit liggies met ‘n metaallepel by die vulsel in. Giet die vulsel in die kors. Strooi die beskuitjiemengsel wat eenkant
gehou is oor.
3. PYNAPPEL
YSKASTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies 125ml appelkooskonfyt
25ml sjerrie 1
pakkie suurlemoenjellie
250ml kookwater 397g
(1blik) kondensmelk
440g (1blik) fyn pynappel geklopte room vir versiering
Smeer tennisbeskuitjies met appelkooskonfyt en
plaas 2 opmekaar. Plaas in 200mm
vierkantige bak. Sprinkel sjerrie oor
die beskuitjies. Los jellie op in
kookwater, en voeg die kondensmelk en fyn pynappel by. Gooi oor beskuitjies en laat afkoel. Versier met pynappel en room of sprinkel
beskuitjiekrummels bo-oor.
4. KARAMEL
YSKASTERT
5. KOFFIE
TERT
KORS:
4 eiers 250ml
suiker
30ml botter 125ml
melk
250ml meel 10ml
bakpoeier
2.5ml sout 5ml
kitskoffie poeier
STROOP:
250ml water 180ml
suiker
30ml kitskoffiepoeier 5ml
vanielje geursel
VULSEL:
1 blik karamel 1
pakkie karamel kitspoeding
250ml melk 250ml
room
melksjokolade krulle
BEREI KORS:
Voorverhit die oond tot 180C. klits eiers en suiker tot lig en
romerig. Smelt botter en voeg melk
by. Sif droë bestanddele saam en klits
by eiermengsel. Voeg bottermengsel by en
meng goed. Voer die bodem van ‘n tertbak
uit met die kors. Bak vir sowat 15
minute.
BEREI STROOP:
Verhit al die bestanddele behalwe die
vanieljegeursel in ‘n kastrol oor matige hitte en roer totdat die suiker
opgelos is. Bring tot kookpunt en laat
vir 5 minute prut. Voeg vanieljegeursel
by stroop.
Giet versigtig oor kors sodra dit uit die oond
kom. Laat afkoel.
BEREI VULSEL:
Klop karamel liggies met ‘n vurk en smeer oor die
kors. Maak kitspoeding aan met
melk. Klop room styf en vou in. Skep oor karamel. Versier met sjokolade krulle en plaas in
yskas tot gestol.
6.
KONDENSMELKTERT
1 x 397g blik kondensmelk 3
koppies water
6 eetlepels mielieblom 2
eiers, geel en wit apart
1 teelepel margarien 1
teelepel vanielje geursel
tennisbeskuitjies
Verhit die kondensmelk en water. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en
roer dit by die melk. Roer die mengsel
tot dit dik word en verwyder van hitte.
Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit
gaar is. Voeg die botter en geursel by.
Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor,
dan nog ‘n laag beskuitjies met die res van die vulsel oor. Rol ‘n paar beskuitjies fyn en strooi bo-oor.
Versier met kersies.
7. KORSLOSE
MELKTERT
Maak 2 terte van 20 cm of 1
groot tert van 30 cm.
Min van ons kan 'n sny
donsige melktert ryk met botter en geurige speserye weerstaan. U sal tyd
bespaar deur nie 'n kors te maak nie - en meer as 'n paar kilojoules ook.
1 liter melk ½
kaneelstokkie
skil van ½ suurlemoen of
lemoen 45
ml botter
250 ml koekmeel 250
ml suiker
1 ml sout 7,5
ml bakpoeier
4 eiers, geskei 2,5
ml amandelessens
10 ml fyn kaneel
Verhit melk, kaneel,
suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele. Klop melkmengsel by die meelmengsel. Voeg amandelessens by. Plaas mengsel terug op die stoof en verhit
oor matige hitte tot kookpunt. Roer met
'n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as 'n paar klonte vorm nie, klits dit glad
met 'n klitser nadat u die eierwitte geklop het.)
Smeer tertbak mildelik met
sagte botter. Sprinkel met brood-,
koekie- of beskuitkrummels (of gebruik hawermout, muesli of wat ook al
beskikbaar is). Klop eierwitte met 'n
druppel asyn of suurlemoensap tot dit hul vorm behou en sagte punte vorm. Klits melktertmengsel om klonte te verwyder.
Vou eierwitte in die
tertmengsel en gooi in tertbak(ke). Sprinkel met kaneel. Bak 25-35 minute by
190C (375F). Skakel die oond af en laat 15 minute in die warm oond afkoel. Sit warm of by kamertemperatuur voor.
8. PEPPERMENT-CRISP
KARAMELTERT
Die tert is vir diegene wat
glo hulle kan nie bak nie. Dit is vreeslik maklik en vinnig om voor te berei en
vind altyd groot byval.
1 x 380 g blik
karamelkondensmelk 50
ml suurlemoensap
2 x 125 ml-sakkies Orley Whip 2 x 50 g-stafies
pepermentsjokolade, gerasper
1 x 200 g-pakkie
Tennis-beskuitjies
Meng
karamelkondensmelk en suurlemoensap goed saam. Klits die
Orley Whip tot styf en vou in die kondensmelkmengsel in. Smeer 'n langwerpige glasbak 20 x 30 x 5 cm, of
bespuit dit met kleefwerende middel. Pak 'n laag beskuitjies op die boom van
die bak en smeer 'n laag konden smelkmengsel
eweredig oor. Sprinkel gerasperde pepermentsjokolade oor. Herhaal
die lae totdat die beskuitjies en kondensmelkmengsel op is, eindig met 'n laag
gerasperde pepermentsjokolade. Plaas die tert in die koelkas.
9.
PIESANG TERT
KORS:
200G Tennis beskuitjies 30ml
suiker
2ml fyn kaneel
VULSEL:
3 klein ryp piesangs, fyngemaak 379g
kondensmelk (1blik)
15ml suurlemoensap 1
eiergeel
50ml geroosterde klapper
KORS:
Maak ‘n krummelkors en voer ‘n 23cm losboomtertpan daarmee uit.
VULSEL:
Voorverhit die oond tot 200C. Meng
alle bestanddele, behalwe klapper, giet in tertdop. Bak vir 30-40 minute lank of tot stewig. Sprinkel klapper oor.
10.
APPELTERT VERRASSING
(Dit lewer 1 tert)
1 x 400 g- bevrore skilferdeeg, ontdooi 45
ml vlapoeier
200 ml melk 65
g versiersuiker (125 ml)
30 g margarien (30 ml) 6
tertappels
125 ml brandewyn 5
ml fyn kaneel
5 ml fyn koljander 2,5
ml fyn neutmuskaat
120 g strooisuiker (140 ml) 2
eiers, geklits
Plaas 'n grootbord ( 25 cm in deursnee) op die deeg
en sny rondom die bord. Prik die deeg
hier en daar met 'n vurk, plaas op 'n bakplaat en bak vir 15 minute in 'n
voorverhitte oond teen 200C tot goudbruin.
Meng die vlapoeier en 50 ml van die melk om 'n gladde pasta te
vorm. Verhit die orige 150 ml melk tot
kookpunt. Voeg die versiersuiker by die
kokende melk en roer om dit op te los.
Roer 'n bietjie van die warm melk by die vla mengsel, giet terug in die
kastrol en bring oor matige hitte tot kookpunt.
Roer aanhoudend totdat die mengsel verdik. Roer die margarien by en laat afkoel. (Bedek
die kastrol met 'n bord om te verhoed dat 'n vel vorm). Skil, ontkern en sny die appel in
blokkies. Sprinkel helfte van die
brandewyn en al die speserye oor die appels.
Giet die oorblywende brandewyn in 'n braaipan, voeg die strooisuiker by. Sodra die mengsel begin karameliseer, kan die
appels bygevoeg word. Laat 'n verdere 10
minute oor hoë hitte kook, roer aanhoudend.
Smeer die koue vla eweredig oor die gebakte deeg en plaas die warm
appelmengsel bo-op. Sit dadelik voor met styfgeklopte, vars room
11. GEBAKTE
GRENADELLA TERT
KORS:
150g botter 250ml
versiersuiker
2 groot eiers 500ml
koekmeelblom
125ml fyn amandels 3ml
fyn kaneel
VULSEL:
250ml room 110g
grenadellamoes
25ml mielieblom 6
eiergele
125ml strooisuiker 125ml
amandelsplinters
BOLAAG:
110g grenadellamoes 12.5ml
mielieblom
KORS:
Meng botter en versiersuiker in
voedselverwerker. Voeg eiers by en meng
goed. Voeg meelblom, amandels en kaneel
by, meng om bal te vorm. Haal uit, draai
in kleefplastiek toe en sit in yskas vir 1 uur.
Rol uit en voer ‘n 220mm tertbord uit.
Prik boom. Sit tertpan in yskas
vir 20 minute. Voorverhit die oond tot
200C. Bak vir 12 minute, haal uit en
laat afkoel.
VULSEL:
Meng room, grenadella en mielieblom, verhit tot
warm. Klits eiers en strooisuiker in
boonste deel van dubbelkoker tot lig en skuimerig. Klits warm roommengsel by. Roer oor hitte tot dik. Gooi uit, koel af. Strooi amandels in tertdop, maar hou ‘n paar
eenkant vir versiering. Skep vlamengsel
in tertdop.
BOLAAG:
Verhit die grenadellamoes en mielieblom tot begin
verdik en skep bo-op. Versier met res
van amandels. Bêre in yskas tot met
opdiening.
12.
CREMORATERT
500 ml Cremora 250 ml
warm water
1 pakkie beskuitjies, gekrummel 125 ml
botter of margarien;
397 g kondensmelk 125
ml suurlemoensap.
Voeg Cremora by warm water en klits
tot opgelos. Laat oornag in yskas. Meng krummelbeskuitjies met botter of
margarien en druk vas in 'n tertbord van 27 cm in deursnee. Plaas in yskas. Klits kondensmelk by
Cremoramengsel. Roer suurlemoensap by
totdat mengsel verdik. Skep vulsel eweredig
op kors en plaas in yskas.
13. RUM EN
ROSYNE YSKASTERT
250ml kookwater 420ml
pitlose rosyne
250ml room 397g Caramel Treat (kondensmelk)
3ml vaniele geursel 8ml
rumgeursel
200g Tennis beskuitjies (1 pakkie)
1. Giet die
kookwater oor die rosyne en laat dit 15 minute lank week.
2. Klits die room
styf. Voeg die Caramel Treat, vanielje
en rumgeursel by en klits weer goed.
3. Dreineer die
rosyne, voeg dit by die kondensmelkmengsel en meng dit goed deur met ‘n
houtlepel.
4. Rangskik ‘n
laag Tennisbeskuitjies op die boom van ‘n vierkantige tertbord van 220mm x
220mm, wat liggies met botter gesmeer is.
Skep ‘n laag rosynemengsel bo-op die beskuitjies. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag
rosyntjiemengsel.
5. Verkrummel ‘n
paar beskuitjies en strooi dit bo-oor.
6. Verkoel die
tert 2-3 ure lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.
14. GRIEKSE
VLATERT
STROOP:
360ml suiker 2
kaneelstokkies
5ml suurlemoensap 375ml
water
VULSEL:
1.5liter melk 180ml
suiker
250ml botter skil
van 1 lemoen in repies, gesny
200ml semolina (Tasty Wheat) 6 eiergele, geklits
KORS:
12.5ml kaneelsuiker
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n 36cmx26cm-oondbak met botter.
STROOP:
Kook suiker, kaneelstokkies, suurlemoensap en water
vir sowat 10 minute tot dik en stroperig.
Laat afkoel. Haal kaneelstokkies
uit voordat stroop oor die tert gegiet word.
VULSEL:
Verhit melk, suiker, botter en lemoenskil oor
matige hitte. Voeg semolina by net
voordat die melk begin kook en roer aanhoudend totdat die vla dik en romerig
is. Haal van stoof af. Laat effens afkoel voordat die geklitste
eiergele bygevoeg word. Haal die
lemoenskil uit.
KORS:
Sit ‘n vel filodeeg filodeeeg in die bak sodat die
boom en kante bedek is. Verf die deeg
met gesmelte botter. Herhaal die proses
met nog 6 velle filodeeg. Skep vlavulsel
op die deeg en bedek met nog 6 velle filodeeg wat elkeen met botter geverf is. Sny 2 velle filodeeg in dun repies. Versprei die repies oor die filobolaag en
sprinkel ‘n bietjie gesmelte botter en kaneelsuiker oor. Bak vir 45-50 minute tot goudbruin. Giet koue suikerstroop oor warm tert. Sny in vierkante en sit louwarm voor.
15. GEMMER
TERT
KORS:
65ml wit margarien gesmelt 200g
gemmerbeskuitjies, verkrummel
VULSEL:
40ml goue stroop 40ml
gemmerstroop
300ml vlapoeier 40ml
vlapoeier, aangemaak met
125ml styf geklitste room 75ml
water
15ml gelatien, geweek in 25ml water 4 ingelegde
gemmerstukke gekap
Meng die margarien en
beskuitjiekruímels. Voer ‘n gesmeerde
tertbord met ‘n deursnee van 200mm uit met die beskuitjiekrummels en bak die
kors 10 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C. Verhit die goue stroop, gemmerstroop en 300ml
water tot kookpunt. Verhit dit. Voeg die vlapoeierpasta by die stroopmengsel
en roer aanhoudend totdat die mengsel prut.
Giet ‘n klein bietjie van die warm vla-stroop-mengsel in die kastrol en
roer dit totdat die mengsel weer prut.
Voeg die gemmerstukkies by en laat die mengsel effens afkoel. Skep die vulsel in die gaar tertkors en
verkoel dit in die yskas tot gestol.
Versier met roomrosies.