Monday 14 December 2015

101 Slaai vir Kersfees





1.  AVOKADO SLAAI MET SPEK EN NEUTE:


1 pak gemengde slaaiblare                                            6 sprietuie, in ringe gesny met groen lowwe

8 repe swoerdlose streepspek                                       4 snye witbrood sonder korsies

1 groot, ryp avokado                                                     125 ml pekanneute, grof gekap

125 ml Franse slaaisous


 

Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie.  Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in 'n bietjie olie tot bros.  Haal uit en dreineer op kombuis papier.  Sny die brood in blokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin.  Voeg 'n bietjie ekstra olie by indien nodig.  Haal uit en dreineer.  Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare.  Bedek met slaaisous.  Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.

 

2.  BEETSLAAI MET JOGURT:

 

300-400 g rou jong beet                                                 2 appels

250 ml dik jogurt                                                           sap van 1 suurlemoen

45 ml mayoinnaise                                                         10 ml stingeluie, gekap.

 

Skil die beet en rasper, asook die appels.  Meng jogurt, suurlemoensap en mayonnaise saam.  Meng appel en beet met jogurtmengsel en besprinkel met stingeluie.

 

SLAAISOUS :

200 ml mayonnaise                                                        1 knoffelhuisie, gekneus

100 ml roguefortkaas, gerasper                                      50 ml joghurt of room

10 ml gekapte stingeluie.

 

Meng saam en skep oor slaai.

 

3.  BILTONGSLAAI:



(Dit lewer 6 porsies)

Slaaisous:



60 ml balsem-asyn                                                        125 ml olyfolie

1 knoffelhuisie, gekneus                                                            5 ml suiker of na smaak

5 ml Dijon-mosterd                                                        1 stingel sprietui, fyngekap

sout en varsgemaalde swartpeper



Slaai:

250 g klam, baie dun gekerfde biltong                            375ml gerasperde cheddarkaas

'n verskeidenheid blaarslaai om die slaai                                    3 agurkies, gekap

op te rangskik                                                               2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny

2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met

suurlemoensap 



Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in 'n skroefdekselbottel en skud goed.  Hou in die yskas tot benodig.  Plaas die biltong en kaas in 'n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak.  Bedek en marineer ten minste 'n uur (of selfs tot 'n dag lank) in die yskas.  Rangskik die blaarslaai op 'n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op.  Besprinkel liggies met van die slaaisous.  Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in 'n klein bekertjie voor.  Sit dadelik voor.

 

 

Goeie maniere en ‘n sagte woord het al baie moeilike situasies opgelos.

 

 

 

 

 

 

 

4.  BLAAUWKRANZ-AARTAPPELSLAAI:

 

6 medium aartappels, gaar, in skywe gesny                     3 gekookte eiers, 2 in skywe en 1 gekap

4 grasuie, gekap                                                           sout en suurlemoenpeper

170ml bloukaas, fyn gekrummel                                                 50 ml mayonnaise

175 ml natuurlike jogurt                                                  15 ml vars, gekapte pietersielie

1 grasui, grof gekap vir garnering

 

1.  Rangskik die aartappels, eierskywe en gekapte grasuie in lae in 'n slaaibak.

2.  Geur elke aartappel en eierlaag met 'n bietjie sout en peper.

3.  Meng die kaas, jogurt, mayonnaise en pietersielie saam en giet oor die slaai.

4.. Garneer met gekapte, hard gekookte eier en grasuie.

Wenk:

Berei die slaaisous vooraf en verkoel vir 2-3 ure sodat die geure kan ontwikkel.

 

5.  BLOMKOOLSLAAI:

 

1 blomkool (in blommetjies gebreek)                              250ml Cheddarkaas (in blokkies gesny)

24 gevulde olywe (in skyfies gesny)                               1 bossie grasuie (fyn gekap)

6 groot radyse (in skyfies gesny)

 

SLAAISOUS:

100 ml suurroom                                                           100ml mayonnaise

17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)

 

1.  Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ‘n bak.

2.  Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai.

3.  Verkoel die slaai totdat dit bedien word.

 

6.  BONE EN PEPPADEW SLAAI:

 

250 ml wit inmaakbone, gekook                                                 250 ml koring, gekook

1 ui, in blokkies gesny                                                   125 ml broccoli, in klein stukkies gesny

½ komkommer, in blokkies gesny                                  2 rooi soetrissies, in blokkies gesny

2 selderystingels, in ringe gesny                                    6-8 ingemaakte peppadews, in repies gesny

125 ml heuning-en-mosterd-slaaisous

 

Meng al die bestanddele vir die slaai.  Voeg die slaaisous by.  Hou verkoel.

 

7.  BROCCOLI SLAAI

 

1kg broccoli, in blommetjies gebreek                               1 ui, in ringe gesny

1 rooi soetrissie, gekap

 

SLAAISOUS:

250ml suiker                                                                  250ml asyn

250ml slaaiolie

 

Blansjeer die broccoli 2 minute lank in kokende soutwater.  Gooi die water af.

Plaas die broccoli in ‘n bak en rangskik die ui en soetrissie bo-op.

Klits die suiker, asyn, en olie saam totdat dit wit en skuimerig is.

Gooi die slaaisous oor die warm broccoli, bedek en laat dit minstens 5 uur lank marineer.

 

Jan Alleman eet in sy lewe ongeveer 20,000 uur, meer as 800 dae en nagte.

        M.F.K. Fisher

 

 

         

8.  BROS AARTAPPELSKIL SLAAI:

 

8 aartappels se skille                                                     15ml olie

200g gekapte spekvleis                                                 blaarslaai

100ml gekapte haselneute                                              60g fetakaas, in blokkies gesny

2 rooi, ongeskilde appels, in blokkies

 

Skrop aartappels onder koue, lopende water.  Druk droog.  Skil aartappels in eweredige repe en braai in verhitte olie tot goudbruin en bros.  Braai spekvleis tot bruin en bros en dreineer.  Voer ‘n slaaibak uit met slaaiblare.  Meng neute, kaas, appel, spekvleis en aartappelskille liggies.  Plaas in slaaibak en verkoel.  Lewer 4 porsies.

 


9.  BRUINRYS EN HEELPITMIELIE SLAAI:

 

500ml gaar bruinrys                                                       1 Engelse komkommer (in blokkies)

410g (1 blik) heel mieliepitte (gedreineer)                        1 rooi of groen soetrissie (ontpit & gekap)

1 bossie stingeluie (gekap)

 

GROENSLAAISOUS:

150ml gewone jogurt                                                     1 huisie knoffel (fyn gemaak)

sout en peper na smaak                                                            3ml aangemaakte mosterd

25ml gerasperde ui                                                        50ml gekapte pietersielie

25ml vars suurlemoensap                                              25 ml agurkies (fyngekap)

 

Meng bestanddele vir slaai en plaas in opdienbord.  Plaas bestanddele vir slaaisous in ‘n voedsel verwerker en verwerk tot glad.  Giet slaaisous oor slaai net voor bediening.  Meng goed om egalig te bedek, en bedien.  Lewer 6 porsies.

 

10.  KOMKOMMER SPANSPEKSLAAI:

 

1 spanspek                                                                    450g tamaties

1 groot komkommer                                                       1 eetlepel gekapte pietersielie

1 hoogvol teelepel gekapte grasuie of kruisement

FRANSE SLAAISOUS:

2 eetlepels wynasyn                                                       sout en peper

strooisuiker                                                                   6 eetlepels, slaaiolie

 

Sny die spanspek middeldeur, verwyder die saad en skep die vleis uit met ‘n groentesnyer of sny dit in blokkies.  Skil en sny die tamaties in kwarte, druk die pitte uit en verwyder die binneste gedeelte.  As die tamaties groot is, kan die kwarte weer deurgesny word.  Skil die komkommer en sny op in blokkies soos die spanspekblokkies.  Sprinkel liggies met sout, bedek met ‘n bord en laat 30 minute staan.  Dreineer, spoel die blokkies af met koue water.

BEREI DIE SOUS:

Meng asyn, sout, peper en suiker.  Klits olie by die asynmengsel.  Meng vrugte en groente in ‘n mengbak, gooi slaaisous oor, bedek bak en verkoel vir 2-3 uur.

 


11.  KORING-EN-PERSKESLAAI:

 

250ml stampkoring, goed gewas                                     1 groen soetrissie, ontpit en gekap

825g perskeskywe, gedreineer en fyn gesny                    1 ui, gekap.

Sous:

50ml suiker                                                                   50ml asyn

50ml blatjang                                                                4ml matige kerriepoeier

100ml sonneblomolie                                                     10ml sojasous.

 

Gooi stampkoring by kookwater waarby sout gevoeg is.  Laat stadig kook sowat 45minute of tot sag.  Gooi water af en laat afkoel.  Voeg soetrissie, perskeskywe en uie by koring.  Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam en voeg by koring.  Bedek en plaas in die yskas. Die slaai bly sowat 3 tot 4 dae vars in die yskas en is lekker saam met braaivleis.

12.  KRAKERIGE KAASSLAAI:

 

½ blaarslaaikop grof gebreek                                         ½ brood se croutons 6 agurkies in ringetjies gesny                                          Cheddar kaas in blokkies gesny

Klein blikkie pynappelstukkies (gedreineer)

 

Meng alle bestanddele en gooi in 'n mooi glasslaaibak.

 

SOUS:

397g kondensmelk                                                         2 eetlepelsl asyn 1 eetlepel kookolie                                                         sout en swartpeper na smaak


Meng alles saam net voor bediening en gooi oor slaai.

 

13.  KRUISEMENT KOOLSLAAI:

 

750ml kool (in repies gesny)                                           1 rooi soetrissie (gekap)

3 groen salotte (gekap)                                                  1 wortel (gekap)

SOUS:

5ml suiker                                                                     2,5ml vars gemmer (gerasper)

62,5ml suurlemoensap                                                    1 knoffelhuisie (gekneus)

12,5ml vars kruisement (gekap)

 

Berei die sous deur al die sousbestanddele in 'n bottel te gooi en  goed te skud.

Meng al die slaaibestanddele in 'n groot bak en voeg slaaisous by net voor opdiening.

 

14.  MAKRIEL-EN-MACARONI-SLAAI:

 

150g macaroni                                                               30ml laekalorie- Franse slaaisous

120g gerookte makrielfilette, vel verwyder                       2 klein uie, fyngekap

6 kersietamaties, gehalveer                                            1 wortel, geskil en grofgerasper

45ml laevet- natuurlike jogurt                                         1bossie (mustard cress)

sout en varsgemaalde swartpeper

 

Kook macaroni in vinnig kokende water tot al dente (die pasta  moet nog effens ferm wees as jy dit byt, en nie sag en pap wees nie).  Gooi water af en meng gaar macaroni liggies met die Franse slaaisous.  Laat afkoel.  Vlok die makrielfilette en verwyder grate.  Sodra die macaroni koud is, voeg die makriel, uie, tamaties, wortel en joçurt by.  Meng liggies.  Voeg die helfte van die mosterdkers by die slaai. Geur met sout en peper.. Plaas slaai in 'n mooi glasbak en garneer met oorblywende mosterdkers.

Sit voor as 'n slaai of ligte ete.

 

15.  MOSTERD EN UIESLAAI:

 

1 kg piekeluitjies                                                           500ml groente of hoenderaftreksel

250ml bruinasyn                                                            30ml mielieblom

60ml bruinsuiker                                                            2 eiers

10ml droë mosterd                                                        5ml gegeurde sout

 

Prut die uie in die aftreksel tot sag.  Verwyder die uie met ‘n gegleufde lepel en hou eenkant terwyl die sous gemaak word. Voeg die asyn by die aftreksel.  Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en voeg by.  Klits die suiker, eiers, mosterd en sout saam.  Voeg ‘n klein bietjie van die warm mengsel by die eiermengsel en gooi alles dan terug in een kastrol.  Roer voortdurend oor stadige hitte tot die sous verdik.  Proe en geur.  Giet oor die uie en laat afkoel.

 

Sny Feta kaas en waatlemoen in blokkies en sprinkel vars suurlemoensap, olyfolie en swartpeper oor vir ‘n interessante voorgereg of as slaai saam met geroosterde visgeregte.

 

16.  NOEDELSLAAI:

 

1 pak (500g) skroef of skulpnoedels                              1 soetrissie

1 ui                                                                               250 ml tamatiesous

125 ml asyn                                                                  125 ml sonneblomolie

200ml witsuiker                                                              25ml matige kerriepoeier

paar druppels Tabascosous / Worcestersous

 

Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar.  Laat dit goed dreineer.  Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn.  Skil en kap die ui fyn.  Meng die noedels, ui en soetrissie in'n slaaibak.Meng die tamatiesous, asyn, sonneblomolie, witsuiker, kerriepoeier, Tabascosous en peper.  Giet dit oor die noedelmengsel en meng dit liggies.  Verkoel voor opdiening.

Lewer 8 porsies.

GOUE WENK:

HIERDIE GEREG IS HEERLIK AS DIT OORNAG IN DIE YSKAS VERKOEL IS.

 


17.  OOSTERSE PASTASLAAI:

 

500g skroefnoedels                                                       250g wit sampioene,afgevee  in dun skywe gesny

4 selderystingels, in dun skyfies gesny                          6 jonguie, gekap

125ml pietersielie

 

SOUS:

300ml sonneblomolie                                                     125ml suurlemoensap

60ml sojasous                                                               10ml heuning

3 knoffelhuisies, fyngedruk                                            30ml medium–droë sjerrie

60ml geroosterde sesamsaad                                        60ml koljanderblare

‘n bietjie fyngerasperde suurlemoenskil             

 

Meng al die bestanddele vir die sous in ‘n fles met deksel en skud goed.  Hou eenkant.  Kook die pasta, dreineer goed.  Moenie die pasta afspoel nadat dit gedreineer is nie, anders sal die sous nie goed kleef nie.

 

18.  PATAT EN PYNAPPELSLAAI:

 

(Dit lewer 6 porsies)

sowat 1 kg klein patats                                                              ½x 440 g blik pynappelstukke, gedreineer, maar

125ml okkerneute, grofgekap                                         behou 60ml van die pynappelsap

½ groen soetrissie, ontpit en gekap

 

Slaaisous:

5 ml gerasperde suurlemoenskil                                     60 ml gedreineerde pynappelsap

30 ml olie                                                                      varsgemaalde swartpeper

 

Was en skrop die patats, maar moenie skil nie.  Sny die patats in 2 cm dik skywe en kook dit in soutwater tot sag, maar effens ferm, sowat 10-15 minute.  Dreineer en sny die patats in eetbare porsies.  Plaas die gaar patats, pynappelstukke, okkerneute en groen soetrissie in 'n glas slaaibak en meng liggies.  Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam en giet oor die slaai. Sit die slaai warm of koud voor.

 

19.  PIESANG-EN- BOONTJIESLAAI:

 

2 x 410g blikkie boontjies-in-tamatiesous                        15ml suurlemoensap

6 piesangs, in skyfies gesny                                          100ml pynappelstukkies

75ml mayonnaise                                                          bros blaarslaai.

 

Sprinkel suurlemoensap oor piesangskyfies om te voorkom dat dit verkleur.  Voeg boontjies en pynappelstukkies by piesangs en meng liggies.  Voeg mayonnaise by en meng deur.  Verkoel slaai en sit voor op bros slaaiblare.

 

 

 

20.  QUICK –QUICK  ( GOU –GOU ) SLAAI:

 

Dié ongewone slaai het pragtige kleurkontras en is maklik om te berei.

 

300 g geel of groen vlapampoentjies                              30 ml vars gekapte basilie of pietersielie

60 ml heuningmosterd-slaaisous                                    200 g kersie tamaties gerasperde skil van 1 suurlemoen                                                              gegeurde seesout

vars gemaalde swartpeper                                             vars kruie om te garneer 

 

HEUNING SLAAISOUS

 

100ml heuning                                                               60ml suurlemoensap

50ml lemoensap                                                            1 lemoen se skil (fyn gerasper)

45ml sonneblomolie                                                      20ml wit wynasyn

5ml mosterdpoeier                                                        knippie sout

knippie vars gemaalde swartpeper

 

Gooi al die bestanddele in 'n glasflessie van minstens 275 ml.  Verseël die flessie en skud deeglik. 

Bêre in 'n yskas.

 

Sny die vlapampoentjies in agstes.  Meng die kruie met die slaaisous.  Gooi die slaaisous oor die vlapampoentjies en laat staan sowat 35 minute.  Sny die tamaties middeldeur en rangskik op 4 mediumgroot borde.  Strooi gerasperde suurlemoen skil oor die tamaties en sprinkel sout en swartpeper oor.  Stapel vla pampoentjiestukkies in die middel van elke bord, garneer met vars kruie en sit voor.

 

21.  ANDERSE PIESANGSLAAI:

 

Hierdie is 'n slaai wat jy in minute kan voorberei en as bygereg tot 'n braai of kerriegereg kan bedien

 

5 ryp, maar ferm piesangs                                             5 droë appelkose, gesnipper

125 ml grenadellajogurt                                                  37,5 ml kondensmelk

 

Sny die piesangs in skyfies in 'n slaaibak.  Voeg die gesnipperde appelkose by.  Meng die jogurt en kondensmelk en voeg by die vrugte.  Meng liggies met 'n vurk.

Variasie:  Voeg ook avokadoblokkies by die piesangslaai.

 

22.  ANDERSE WORTELSLAAI:

 

450g geelwortels (geskil en grof gerasper)                      1 groot lemoen (geskil &in skyfies)

75g radyse (gewas en in skyfies gesny)                         60ml gekapte pietersielie

SLAAISOUS:

90ml olie                                                                       30ml suurlemoensap

60ml lemoensap                                                            5ml heuning

2,5ml sout

 

Meng alle sous bestanddele goed saam.  Meng alle slaai bestanddele liggies saam, en giet slaaisous bo-oor.  Verkoel in yskas voor opdiening.

 

23.  ASPERSIESLAAI:

 

500g vars gekookte aspersies                                       150ml slaaisous

60ml fyngekapte sprietui                                                12.5ml gekapte grasui

250g gaar boontjies, gedreineer                                     1 klein kropslaai

12.5ml fyn gekapte pietersielie

 

Meng aspersies en die boontjies met 125ml slaaisous terwyl dit nog warm is.  Was en droog slaai blare af, gooi res van slaaisous oor boontjies/aspersies en meng slaaiblare daarmee.  Rangskik slaai in glasbak en besprinkel met fyngekapte sprietui, pietersielie en grasui.

 

 

 

24.  EIERSLAAI:

 

1 slaaikop, fyn gekerf                                                    8 eiers, hardgekook

sout en vars gemaalde swartpeper                                 250ml natuurlike joghurt

50ml mayonnaise                                                          45ml blatjang

5ml suurlemoensap                                                       1 klein ui, in ringe gesny

fyn gekapte pietersielie

 

Rangskik die slaaiblare op ‘n mooi opdienbord.  Sny die eiers in kwarte en rangskik bo-op.  Geur goed met sout en peper.  Meng die res van die bestanddele behalwe die pietersielie en ui en giet oor die eiers en slaaiblare.  Rangskik uieringe bo-op en strooi pietersielie oor.

Lewer 6 porsies.

 

25.  ERTJIE EN KAASSLAAI:

 

500g bevrore jong ertjies                                               ¼ koppie gekapte groen salotuie

½ koppie Cheddarkaas in blokkies                                 ¼ koppie suurroom

¼ koppie mayonnaise                                                   30ml gekapte pietersielie

sout en peper na smaak

 

Kook ertjies in vinnig kokende soutwater tot net sag.  Dreineer en laat afkoel.  Meng res van die bestanddele liggies saam en geur na smaak met sout en peper.

 


26.  CALAMARI EN MOSSELSLAAI

 

300g calamari, in ringe gesny                                         30ml botter

1 blik mossels in skulpe                                                            1 suurlemoen (skil gerasper, sap uitgedruk)

4 grasuie, gekap                                                           15ml sojasous

30ml droë witwyn                                                           20ml sesamsaad (gerooster)

60ml olyfolie                                                                 1ml suiker

15ml gekapte pietersielie

 

Soteer calamari vinnig in verhitte botter vir ongeveer 2 minute lank. Wees versigtig om nie te lank te braai nie anders word dit taai.  Plaas mossels in kokende water totdat die skulpe oopgaan.  Dreineer.  Giet suurlemoensap en skil bo-oor calamari en mossels in mengbak en meng om te bedek.  Laat afkoel.  Meng oorblywende bestanddele en giet bo-oor calamari en mossels en marineer ten minste vir 2 ure lank.  Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.

 


27.  SPINASIE SLAAI


 

10 spinasieblare, afgespoel                                           2 jonguitjies, afgespoel

½ rooi soetrissie                                                           60g fetakaas

1 knoffelhuisie, fyn gekap                                             50ml olyfolie

25ml witwyn asyn

 

1.     Sny wit dele van spinasie en soetrissie weg en breek of sny in kleiner dele.

2.     Sny jonguitjies in skyfies en sny rooi soetrissie in repe.

3.     Breek fetakaas in growwe stukke.

4.     Meng knoffel, olyfolie en asyn.  Skud goed.

5.    Sit al die slaaibestanddele in ‘n slaaibak en meng slaaisous deur.

 

Liefde en seerkry is soos Vinkel en Koljander - die een is soos die ander.

Die twee gaan hand-aan-hand.

 

 

 

 

 

 

28.  KRAAKLEKKER TUNASLAAI


 

500ml koue, gaar rys                                                     200g gedreineerde, gevlokte tuna

250ml gerasperde, wortels                                             250ml gekapte seldery

25ml fyn gekapte ui                                                       250ml mayonnaise

37.5ml blatjang                                                              5ml kerriepoeier

10ml suurlemoensap                                                      sout en peper na smaak

 

Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies.  Bedien dit koud, met broodrolletjies.

 

29.  RYS EN SPINASIE SLAAI:


 

200 g rou rys (250 ml)                                                    6 repe spekvleis, gekap

1 klein bossie jong spinasie, gewas, die wit                    2 selderystingels, gekerf

stingels verwyder en fyngekerf                                       3 eiers, hardgekook, gekap

6 knopiesampioene, in skywe gesny

Slaaisous:

125 ml mayonnaise                                                        30 ml asyn

5 ml peperwortel (horse-radish)                                      3 ml Tabasco-sous

5 ml sout                                                                      varsgemaalde swartpeper

 

1.  Berei die rys voor volgens die aanwysings op die verpakking en laat afkoel.

2.  Braai die spekvleis tot bros, dreineer op papierhanddoek en laat afkoel.

3.  Meng die rys, spekvleis, spinasie, seldery, sampioene en eiers liggies saam.

4.  Giet die slaaisous oor en meng goed met twee vurke.

6.     Laat die slaai vir minstens 1 uur staan voor opdiening. 

 

30.  SAMPIOEN-EN-SOETRISSIESLAAI:


 

500g knopiesampioene, in skyfies gesny                                   sap van een suurlemoen

sout en varsgemaalde peper                                          1 ui, in dun skyfies gesny

6 stingeluie, in die lengte in skyfies gesny                      1 bossie botterslaai

25ml olie                                                                       2 knoffelhuisies

3 snye brood in blokkies gesny                                     1 avokado

suurlemoensap                                                              1 groenrissie, ontpit en in skyfies gesny

1 rooi soetrissie, ontpit en in skyfies gesny                    1 komkommer, uitgehol en in halfmane gesny

3 repies spekvleis, bros gebraai, gedreineer.

 

Slaaisous:

125ml olyfolie                                                               125ml asyn

knippie suiker                                                                5ml gedroogde orego

sout en swartpeper                                                        50ml groen peperkorrels

10ml verkrummelde Fetakaas                                         vars gekapte pietersielie.

 

Besprinkel sampioene met suurlemoensap en geur.  Plaas uie en stingeluie in yswater om bros te word.  Was botterslaai en plaas ook in yswater.  Verhit olie en braai knoffel en broodblokkies daarin.  Halveer avokado en sny in dun skyfies.  Besprinkel met suurlemoensap.  Verwyder uie en slaai uit water en rangskik saam met res van  bestanddele in slaaibak.  Strooi spek en brood blokkies bo-oor.

Slaaisous:

Klits al die bestanddele, behalwe pietersielie tot romerig.  Giet slaaisous net voor dit voorgesit word oor en besprinkel met pietersielie.

 

Geluk kom nooit per tjek of bankrekening nie.  Dit is onbetaalbaar.

 

 

 

 

 

 

31.  SONSKYNSLAAI


 

½ knoffelhuisie geskil                                                    1 klein botterslaai gesnipper

60ml stingelui fyngekap                                                 500g gaar beet afgekoel,geskil & in skyfies gesny

200g gevlokte gedreineerde tuna                                    125ml seldery fyn gekap

2 hard gekookte eiers, afgedop & gekap                                    125ml mayonnaise

sout                                                                              peper

grasuie vir garnering

 

1.     Vryf die slaaibak met die knoffelhuisie uit.

2.     Meng die botterslaai en stingelui in die slaaibak.

3.     Rangskik die beet, tuna, seldery en gekapte eiers bo-op.

4.     Meng die mayonnaise en geurmiddels en skep dit in die middel van die slaai.

5.     Garneer dit met gekapte grasui en verkoel ongeveer ‘n uur voor opdiening.

6.     Meng dit liggies voor bediening.

 

32.  SPRINGBOK FILET SLAAI:


 

100g Springbok fillet                                                     1 teelepel neutmaskaat

koriander                                                                      swartpeper en sout

anys                                                                             kaneel

1 rooibos teesakkie

 

LW: die bogenoemde speserye het nie almal hoeveelhede nie, die kok kan eie oordeel gebruik na aanleiding van eie smaak.

 

Meng die speserye in n bakkie.  Sny die fillet in dun skyfies , bietjie dukker as carpachio en strooi die gemengde speserye oor.  Braai die skyfies fillet in n pan met olie om die geur in te sluit en laat afkoel.  Maak n groen slaai met blaarslaai, avokado, groenrissie en kersie tamaties.  Plaas die springbok fillet op die slaai en garneer met vars suurlemoen.

 

33.  SUIKERMIELIESLAAI:


 

410g (1 blik) geroomde suikermielies                               1/2 pynappel, in blokkies gesny

4 piesangs, in skywe gesny                                             1 ui, gekap

25ml mayonnaise

 

Meng alles goed saam.

 

34.  VARS AARTAPPELSLAAI:


 

6 klein gekookte aartappeltjies                                       250g geskilde kersietamaties

blaarslaai                                                                      100g sampioene, in skywe gesny

1 bossie bronkors

SLAAISOUS:    

100ml slaaiolie                                                              sout en swartpeper

50ml asyn                                                                     2ml knoffelvlokkies

10ml vars gekapte pietersielie                           

 

Meng die bestanddele vir die slaai.

Plaas bestanddele vir slaaisous in ‘n fles en skud goed.

Giet sous oor slaai net voor opdiening.

 

As ek terugkyk, dank ek God dat hy nie al my gebede beantwoord het nie.-Ingelow

 

 

 

 

35.  VRUGTIGE MACARONI-SLAAI:


 

Heerlik by 'n vleisbraai. (Dit lewer 8 porsies)

 

250 g macaroni                                                                         15 ml olie

1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny                  3 piesangs, in skywe gesny

1 x 410 g-blik perskeskywe, gedreineer                          401 g-blik jong ertjies, gedreineer

kruisementblare vir garnering

 

Slaaisous:

125 ml bier                                                                    125 ml goeie gehalte mayonnaise

 

Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente.   Dreineer en spoel af onder koue lopende water.  Meng pasta liggies met die olie.  Berei intussen die slaaisous deur die bier en mayonnaise goed te skud in 'n glasfles met 'n skroef deksel.  Meng die macaroni, pynappel, piesangs, perskes, ertjies en slaaisous saam.  Skep in 'n mooi vlak slaaibak, garneer met kruisementblare.

 

Wenke:

Die slaai kan 'n uur of wat vooraf gemaak word, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas.

Besprinkel die piesangskywe met 'n bietjie suurlemoensap.

 

Variasies:

Vervang die ingemaakte perskes deur ingemaakte lietsjies.

Vervang die bier deur pynappelsap óf natuurlike jogurt.

Gebruik 1 x 410 g-blik pynappelstukke, gedreineer, in plaas van vars  pynappel.

 

36.  WARM BOONTJIESLAAI:


 


30 ml olyfolie                                                                1 middelslag ui, fyngekap

1 knoffelhuisie, gekneus                                                1 klein, rooi soetrissie,in kort repe gesny

75 g groenbone, ente verwyder en                                  15 ml balsam-asyn

in 2 cm-stukke gesny                                                     50 g knopiesampioene, in skywe gesny

410 g-blik gemengde boontjies, afgespoel

en goed gedreineer.

 

Verhit 15 ml van die olyfolie in 'n swaarboompan.  Soteer die ui vir 2 minute oor medium hitte. Voeg die knoffel, soetrissie, groenbone, sampioene en asyn by, laat 5 minute kook, roer af en toe.  Meng die boontjies tesame met die oorblywende 15 ml olyfolie by die groente, verhit tot goed deurwarm.   Sit warm voor met geroosterde dik skywe Italiaanse brood.

 

37.  WARM KORINGSLAAI:


 

125g spekvleis                                                              2 uie (grof gekap)

250g knopiesampioene(in skyfies gesny)                       sout en peper

25ml olie                                                                       750ml gaar stampkoring

125ml hoenderaftreksel                                                  50ml rosyne (opsioneel)

 

Braai spekvleis in 'n groot pan tot bros.  Verwyder uit die pan en kap fyn. Voeg die olie by die vet in die pan en soteer die ui tot goudbruin.  Voeg nou die spekvleis stampkoring, hoenderaftreksel en rosyne by. Geur na smaak met sout en peper.  Prut tot goed warm en die meeste van die hoenderaftreksel geabsorbeer is.  Dien warm op.

Bedien 6 mense.

 

Daar is een troos omtrent die huwelik.  As jy om jou kyk sal jy altyd iemand sien wat slegter gevaar het.

 

 

 

 

 

38.  LEMOEN-EN-UIESLAAI:


 

3 lemoene                                                                     2 uie

2.5ml sout                                                                     1ml swartpeper, vars gemaal

1ml selderysout                                                             25ml olie

12.5ml asyn                                                                  12.5ml gekapte pietersielie

 

Skil die lemoene af sodat al die membrane verwyder is. Sny dit in skywe. Skil die uie en sny dit in dun skywe. Gooi kookwater op die ui, laat staan vir 1 minuut lank en dreineer. Meng die ui en die lemoen. Sprinkel sout, swartpeper en selderysout oor. Meng die asyn en olie goed. Gooi die slaaisous oor die slaai en meng liggies. Strooi die pietersielie oor.

 

39.  PASTASLAAI MET SONNEBLOMSAAD:


100 g sonneblomsaad                                                   100 g ansjovis

50 ml melk                                                                    250 g skulpnoedels

500 ml water                                                                  2 ml sout

vars gemaalde swartpeper na smaak                              50 ml gekapte knoffel-stingeluie

50 ml gekapte pietersielie                                              4 tamaties, grof gekap

30 ml suurlemoensap                                                     5 ml Engelse mosterdpoeier

1 kop botterslaai

 

Mikrogolf sonneblomsaad soos volg: Plaas saad in keëlvormige bakkie op hand doek papier en mikrogolf 4 minute op hoog. Roer kort-kort. Hou eenkant. Week ansjovis in melk (om oortollige sout te verwyder). Voeg water by pasta in mengbak en mikro golf 5 minute op hoog. Roer deur. Mikrogolf pasta 'n verdere 2 minute. Laat afkoel. Dreineer ansjovis en sny almal behalwe 5 filette in stukkies. Meng pasta en al die oor blywende bestanddele behalwe slaai liggies saam in mengbak. Was slaai blare in sout water, dreineer en rangskik op 'n slaaibord. Skep noedelmengsel daarop en rangskik heel ansjovisfilette bo-op. Sit goed verkoel voor.

 

40.  RATATOUILLE SLAAI:


 

1 groot ui, gekap                                                           2-3 knoffelhuisies, gekap

100 ml olyfolie                                                              2 middelslag eiervrugte, in ringe gesny

2 soetrissies                                                                 500 g jong murgpampoentjies, in skywe gesny

1 x 410-g-blik tamaties, grof gekap                                50 ml gekapte pietersielie

5 ml droë roosmaryn                                                     5 ml droë tiemie

5 ml sout vars gemaalde swartpeper na smaak

 

Soteer die ui en knoffel in 15 ml olyfolie tot dit deurskynend is. Borsel die eiervrugte met olyfolie. Plaas op die rakkie van 'n oondroosterpan en rooster tot bruin. Draai die skywe om, borsel nog kook- of olyfolie oor, en rooster tot bruin aan die ander kant. Halveer die soetrisies. Plaas saam met die eiervrugte op die rakkie van die roosterpan en rooster tot blasies vorm en die soetrissies byna swart is. Verwyder die pitte en trek die vel af. Sny die soetrisies in skywe. Voeg die res van die bestanddele behalwe die olyfolie by die rissies en prut 15 minute lank of tot die groente gaar is. Laat afkoel. Sprinkel olyfolie oor en meng alles liggies saam.

 

41.  PASTASLAAI MET BIERSOUS:


 

4 x 250ml gaar elmboogpasta                                        410g pynappelstukke, gedreineer

3- 4 piesangs, met suurlemoensap besprinkel                 565g lietsjies, gedreineer,ontpit

225g blik groen ertjies, gedreineer.

Biersous

125ml mayonnaise                                                         125ml bier.

 

Meng pasta, pynappel, piesangskyfies, lietsjies en ertjies in 'n groot slaaibak. Meng die slaaisous en giet oor die slaaibestanddele. Meng liggies. Verkoel vir 'n paar uur.

 

You don’t get harmony when everybody sings the same note!

 

 

 

42.  WARM KAAS EN AARTAPPEL SLAAI:


 

4 groot aartappels                                                         120g Zoetvlei kaas, in blokkies gesny

2 repe spekvleis, gebraai & gekap                                 125ml Franse slaaisous

gekapte grasuie

 

Kook aartappels in kookwater tot sag. Trek skil af en sny in blokkies. Plaas in opdien-bak. Voeg kaasblokkies by en meng. Sprinkel spekvleis oor. Verhit slaaisous maar moenie kook nie. Giet oor slaai, sprinkel grasuie oor en dien dadelik op.

 

43.  EIERVRUGSLAAI:


 

4 eiervrugte, geskil sout                                                 100ml olie

250ml witwyn                                                                 100ml asyn

2 knoffelhuisies                                                             2 uie, in skywe gesny

4 tamaties, in skywe gesny                                            1ml vinkel, fyn gekap

sout en peper na smaak                                                            2 eiers, hard gekook

gevulde of swart olywe

 

Sny die eiervrugte in skywe, bestrooi met sout en laat dit 30 minute lank staan. Spoel dit af en druk dit goed droog met kombuispapier. Verhit die olie en braai die eiervrug liggies daarin. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die eiers en olywe. Laat prut dit 30 minute lank. Laat dit afkoel en geur na smaak. Verkoel die slaai. Bedien die slaai baie koud, gegarneer met eierwiggies en olywe.

 

44.  KOOL EN DADEL SLAAI:


 

½ kool, gewas en in dun repe gesny                              200g Tussers kaas, in blokkies gesny

½ pakkie dadels, gekap                                                            ¼ koppie grondbone

gekapte pietersielie

SOUS:

125ml mayonnaise                                                         50ml kondensmelk

25ml asyn                                                                     25ml olie

 

Meng kool, kaas dadels en grondbone saam.  Meng die sousbestanddele saam.  Giet oor slaai en meng goed.  Besprinkel met pietersielie.  Sit in yskas tot bediening.

 

True Friendship


True friendship isn't seen with the eyes, it is felt with the heart, when there is trust, understanding, loyalty, and sharing. True friendship is a rare feeling, but when it is found it has a profound impact on our well-being, strength, and character.


True friendship does not need elaborate gifts or spectacular events in order to be valuable or valued.
To ensure long-lasting quality and satisfaction, true friendship only needs a few key ingredients:
undying loyalty, unmatched understanding, unsurpassed trust, deep and soulful secrets, and endless sharing. These ingredients, mixed with personality
and a sense of humor, can make a friendship last a lifetime!


This is just a thank you, my friend, for all the wonderful and colorful special ingredients you've brought to my life!

 

 

45.  SEEKOSSLAAI:


 

250g visfilet(kabeljou, tongvis ens)                                5ml kruie

15ml olie                                                                       3 sprietuitjies (gekap)

300g vars spinasie                                                        4 selderystingels (in repies)

150g garnale (gaar gekook of geroerbraai)                     50g geroosterde sonneblomsaad

SOUS:

45ml mayonnaise                                                          15ml jogurt

15ml fyn dille                                                                10ml suurlemoensap

sout en peper

 

Vryf visfilette met kruie en braai in warm olie tot goudbruin. Laat afkoel. Meng spinasie, sprietuitjies, seldery en garnale in slaaibak. Voeg visfilette by slaai. Strooi sonneblom saad oor die slaai.

BEREI DIE SOUS:

Meng mayonnaise, jogurt, dille, suurlemoensap, sout en peper en giet oor die slaai.

 

46.  BOEREWORS AARTAPPELSLAAI:


 

SLAAISOUS:

30ml wit wynasyn                                                          125ml olyfolie

3ml swartpeper                                                              1 knoffelhuisie fyngedruk

15ml Dijon mosterd                                                       5ml suiker

SLAAI:

1kg baba-aartappels, met skil, gehalveer                        15ml olyfolie

1 ui, dun gesny                                                             1 rooi soetrissie, in repe gesny

500g gaar boerewors, in skyfies gesny                           1 groot steel seldery, gekap

10 ml vars tiemie, gekap                                                50ml vars kerwel (chervil) gekap

 

Klits alles vir slaaisous saam tot goed gemeng. Kook baba aartappels tot net sag en dreineer. Verhit intussien olie en braai uie en soetrissie tot sag. Voeg worsstukkies en tiemie by en meng deur. Meng liggies met gaar aartappels. Giet slaaisous oor terwyl steeds warm. Meng daarna die kerwel deur. Bedien terwyl nog louwarm.

 

47.  LULU SE RYSSLAAI:


 

500ml rou rys                                                                2 groen soetrissies, in ringe gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk                                            2 uie, in ringe gesny

olie                                                                               50ml matige kerriepoeier

500ml mayonnaise                                                         60ml blatjang

820g perskeskywe, gedreineer

 

Kook die rys in soutwater tot sag. Dreineer goed en laat afkoel. Soteer die soetrissie, knoffel en uie in die olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog sowat 1 minuut lank. Voeg die mayonnaise en blatjang by en meng goed.  Meng die kerriemengsel, perskeskywe en rys saam en skep in ‘n groot slaaibak.  Verkoel tot voor opdiening.  Dien op saam met koue vleis of braaivleis.

 

48.  HOENDER-, LIETSJIE- EN DILLESLAAI:


 


mengsel van vars kropslaaiblare                                    500 g gaar hoender

4 murgpampoentjies      in repies gesny                          1 geel soetrissie, in repies gesny

1 rooi soetrissie, in repies gesny                                    125 g kersietamaties

½ Engelse komkommer, in skyfies gesny                       1 middelslagui, in skywe gesny

250 g geskilde en ontpitte lietsjies                                  50 ml geroosterde sonneblomsaad

 

Slaaisous:

250 ml Bulgaarse jogurt                                                 125 ml laevet-mayonnaise

25 ml droë dille                                                                         varsgemaalde swartpeper na smaak

 

Plaas die slaaiblare op 'n plat opdiensbord.  Rangskik al die bestanddele buiten die sonneblomsaad.  Meng die sousbestanddele en skep bo-oor die slaai.  Garneer met sonneblomsaad.

Wenke:

Berei die slaaisous twee dae voor gebruik en bêre in die yskas sodat die geure kan ontwikkel. Vervang die lietsjies met enige ander vrugte, soos perskes, pere, appels of piesangs.

49.  TJOU-TJOU SLAAI


 

6 piesangs                                                                    1 blik vrugte kelkie (fruit cocktail) (410g) 1 blik kondensmelk (397g)                                             1 bottel Koo Picalilly (390g of 400g) knippie sout

 

Sit jou piesangs met skille aan in ´n bak.  Gooi kookwater bo oor en laat lê so vir ´n minuut of 2.  Die skille van die piesangs word swart.  Haal uit kookwater, skil jou piesangs en sny in skyfies.  Gooi piesang skyfies, fruit cocktail, kondensmelk, sout en picalilly in ´n bak en meng goed deur.

Bedien koud.

 

50.  MEDITERREENSE KOESKOES-SLAAI


500 ml koeskoes                                                           500 ml hoenderaftreksel vars gemaalde swartpeper na smaak                              'n hand vol jong groenbone, in stukke gesny 250 ml kersietamaties, gehalveer                                    125 ml ontpitte olywe, gehalveer 2-3 wiele fetakaas, in blokkies gesny                              60 ml elk olyfolie en balsamiese asyn 30 ml suurlemoensap


Plaas koeskoes in 'n bak en giet kokende hoenderaftreksel oor.  Bedek met kleefplastiek en laat staan vir vyf minute. Vlok met 'n vurk en mikrogolf vir 1 minuut op 100 % krag (hoog).  Voeg swartpeper na smaak by.  Blansjeer die groenbone in kookwater en dompel dan in koue water.  Druk goed droog en voeg saam met die tamaties, olywe en fetakaas by die koeskoesmengsel. 
Maak 'n slaaisous van 60 ml elk olyfolie en balsamiese asyn en 30 ml suurlemoensap en sprinkel oor.  Meng deur en verkoel tot benodig.

 

51.  BABA-AARTAPPELSLAAI MET JOGURT-SUURROOMSOUS:


1 kg baba-aartappels, geskrop en gehalveer                   250 ml suurroom 100 ml dik mayonnaise                                                  250 ml Griekse jogurt 15 ml heelkorrelmosterd                                                 vars gemaalde swartpeper vars pietersielie, gekap                                                  suiker na smaak


Kook aartappels in soutwater tot gaar, maar ferm.  Meng res van bestanddele saam en giet oor aartappels.  Bedek en hou in yskas tot nodig.

 

52.  GARNAAL-EN-AARBEIE-RYSSLAAI:

 

750 ml gaar rys                                                             250 g gaar garnale, uitgedop en ruggraat verwyder 200 ml tafelseldery, in dun skyfies gesny                                   175 ml mayonnaise 125 ml aarbei jogurt                                                       10 ml vars suurlemoensap 5 ml droë mosterdpoeier                                                sout en swartpeper na smaak 375 ml vars aarbeie, gehalveer                                       vars slaaiblare

 

Meng die rys, garnale en seldery in ´n bak. Meng die mayonnaise, joghurt, suurlemoensap en geurmiddels saam in ´n ander bak.  Voeg die mayonnaisemengsel by die rysmengsel.  Meng goed.  Vou die aarbeie liggies in.  Voer ´n slaaibak of individuele bordjies met slaaiblare uit.  Skep die rysslaai bo-op.

 

53.  HEERLIKE KOOLSLAAI

750 ml fyngekapte, rou kopkool                                     1 appel, geskil en grof gerasper 1 groot wortel, geskil en grof gerasper                           5 ml gedroogde basieliekruid 125 ml gekapte okkerneute                                            125 ml korente 125 ml vars lemoensap                                                  30 ml dik room 5 ml strooisuiker (opsioneel)                                          sout en swartpeper na smaak
Meng al die bestanddele liggies saam, behalwe die sap en room.
 
Giet sap oor en roer dan die room deur en geur soos nodig.  Skep in 'n aantreklike slaaibak of individuele bakkies en garneer.

 

 

54  PIKANTE KOESKOESSLAAI:

 

375ml koeskoes                                                            250ml kookwater

125ml wit wyn                                                                sout en vars gemaalde swartpeper

2 rooi soetrissies, fyn gekap                                          2 rooi uie, fyn gekap

20g platblaarpietersielie, fyn gekap                                20g vars kruisement, fyn gekap

60ml olyfolie                                                                 sap van 1 groot suurlemoen

 

Plaas koeskoes in ‘n groot bak.  Verhit die kookwater en wit wyn saam tot kookpunt en giet oor die koeskoes.  Laat staan tot al die vloeistof geabsorbeer is.  Vlok met ‘n vurk.  Mikrogolf 2 minute en vlol weer met ‘n vurk tot donsig en korrelrig.  Geur met sout en peper en voeg die groente en kruie by.  Klits die olyfolie en suurlemoensap saam en giet oor die slaai.  Meng deur en laat staan ongeveer 1 uur sodat die geure kan ontwikkel.

Lewer 6-8 porsies.

 

55  NEUTERIGE BRUINRYSSLAAI:

 

250ml rou bruinrys                                                         600ml water

80ml olyfolie                                                                 250g bruin sampioene, in skyfies gesny

2 knoffelhuisies, gekneus                                              1 groot rooi soetrissie, in blokkies gesny

5ml roosmaryn                                                              sout en varsgemaalde swartpeper

1 bossie sprietuie, fyngekap                                          60ml vars pietersielie, fyngekap

30ml suurlemoensap                                                      30ml sojasous

5ml bruinsuiker                                                              250ml boontjiespruite

1 groot wortel, grof gerasper                                         60ml sonneblomsaad, gerooster

125ml pekanneute, grof gekap

 

Kook rys tot gaar.  Verhit olie intussen in ‘n groot braaipan en soteer sampioene, knoffel, soetrissie en roosmaryn  totdat sampioene begin bruin word.  Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.  Verwyder van hitte.  Roer sprietuie, pietersielie, suurlemoensap, sojasous en suiker by en plaas eenkant om af te koel.  Keer warm rys uit in mengbak en roer sampioenmengsel dadelik by.  Voeg boontjiespruite, wortel,sonneblomsaad en pekanneute by.  Laat afkoel en sit voor.

 

56.  WARM BEET IN LEMOENSOUS:

 

800g beet, stingels afgesny & skoongewas                    1 kaneelstok

30ml vars suurlemoensap                                              5ml gerasperde suurlemoenskil

45ml sagte bruinsuiker                                                   sout na smaak

10ml mielieblom aangemaak met ‘n bietjie water

 

Kook de beet sag in ‘n bietjie water.  Dreineer goed en trek die skille af.  Hou eenkant.  Meng die res van die bestanddele buiten die mielieblom en bring tot kookpunt.  Prut 5 minute lank.  Voeg die mielieblom by en prut tot verdik.  Giet oor die beet en verhit weer.  Dien warm op.

Lewer 4-6 porsies.

 

57.  SAMPIOENSLAAI:

 

400g knopie sampioene(gesny)                                      6 hardgekookte eiers(opgesny)

1 klein blikkie pynappelstukke                                        1 koppie mayonnaise

fondor                                                                          suurlemoenpeper

suurlemoensap

 

Gooi fondor, suurlemoenpeper en suurlemoensap by gesnyde sampioene.  Voeg opgesnyde hard gekookte eiers en pynappelstukke by en meng saam met die mayonnaise.  Bedien so gou moontlik.

 

Die kombuis is ‘n wêreld wat wag op ontdekkingsreise – G. De La Reyniere

 

 

58. NOEDEL EN SOETRISSIESLAAI:

 

750 ml gaar skulpienoedels                                            1 uie gekap 1 rooi soetrissie, ontpit en gekap                                               1 groen soetrissie, ontpit en gekap 1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny                  125 ml pitlose rosyne 410 g appelkooshelftes, gedreineer, gehalveer               250 ml mayonnaise

25 ml blatjang                                                               5 ml fyn gemmer 5 ml kerriepoeier

 

Meng die noedels, ui, soetrissies, pynappel, rosyne en appelkooskwarte.  Meng die mayonnaise, blatjang, fyn gemmer en kerriepoeier en roer liggies by die noedelmengsel. Lewer 8-10 porsies.

 

59. KNOFFELAARTAPPELSLAAI MET ANSJOVIS-SLAAISOUS:




60 ml botter gesmelt                                                      3 knoffelhuisies, gekneus 5 ml droë pietersielie                                                     500 g jong aartappels 40 g Parmesaanse kaas, gerasper                                  125 g continental-slaai 60 g salami, in blokkies gesny                                       ½ avokado, in blokkies gesny 6 kersietamaties, gehalveer

 

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondpan.  Meng die botter, knoffel en pietersielie saam. Halveer die aartappels en plaas dit in die oondpan.  Bedruip die aartappels met die knoffelbotter en bak vir 40 minute of tot gaar.  Laat die knoffelaartappels effens afkoel.  Plaas al die bestanddele vir die slaai in 'n slaaibak en meng liggies met twee vurke.

Ansjovis-slaaisous


75 ml room                                                                   45 ml mayonnaise 4 ansjovis-filette gedreineer                                           1 eier, sag gekook

 

Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in 'n voedselverwerker en verpulp tot glad.  Giet die slaaisous bo-oor en bedien slaai as 'n ligte maaltyd

 

60.  KOPERPENNIE WORTELSLAAI:

 

1 kg wortels, in skyfies gesny                                         2 middelslag uie, in ringe gesny 1 klein soetrissie, ontpit en in repies gesny                       1 pakkie tamatiesop 250 ml water                                                                 sout en peper na smaak 200 ml wit asyn                                                             125 ml kookolie 250 ml suiker                                                                 10 ml Worcestershire-sous 7 ml mosterd

Kook wortels tot halfgaar,
  dreineer en laat koud word. 
Rangskik wortels, soetrissierepe en uieringe in lae in 'n groot bak.  Meng res van bestanddele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook 2 minute. Gooi warm oor slaai en laat dit met behulp van 'n mes in die middel en langs die kante van die slaai inloop.  Laat afkoel, sit deksel op en marineer twee dae in die koelkas voor gebruik.

61.  ERTJIESLAAI:

 

1 x blik ertjies                                                                1 x blik botterbone (die wit groot bone) 1 x medium ui                                                               1 x medium green pepper ¾ koppie mayonaise                                                     ½ koppie gedroogte sultanas

2 x piesangs                                                                 geblikte perskes - fyn opgesny ¼ koppie kondensmelk                                                             5ml mosterdpoeier opgelos in 10ml asyn sout en suurlemoen pepper na smaak


Kap die ui en green pepper fyn op en meng eenvoudig al die bestandele saam.




 

62.  HOENDER EN VRUGTESLAAI MET GROENRISSIE EN KOLJANDER:

 

800g gaar oorskiet-hoender, in stukkies gesny                2 nektariens, ontpit en in wiggies, gesny

2 geelperskes, ontpit en in stukkies gesny                      ½ spanspek, ontpit, geskil en in blokkies gesny

1 blik mango’s gedreineer en kleiner gesny                     2 groen brandrissies, fyn gekap

25g vars koljanderblare, fyn gekap

SLAAISOUS:

30ml mayonnaise                                                          60ml suurroom

sout en vars gemaalde swartpeper                                 15ml komynsaad, gerooster (opsioneel)

 

Meng die hoenderstukkies, vrugte, rissies en vars koljanderblare.  Klits die mayonnaise en suurroom saam en klam die slaai liggies aan.  Geur goed met sout en vars gemaalde peper en besprinkel met geroosterde komynsaad.

 

Bedien 6 mense.

 

Jy kan enige vrugte van jou keuse gebruik, bv. Vye, mango of pere.

 

63.  UIE EN BOTTERSKORSIE SLAAI:

 

2 botterskorsies, geskil, in dik skywe gesny                   30ml olyfolie

100g okkerneute                                                            12 klein uitjies, geskil en middeldeur gesny

sout en varsgemaalde swartpeper                                  50g botter

50g parmesaankaas, met ‘n groenteskiller                       roketblare

in krulle gesny

 

Sit die botterskorsie op ‘n groot bakplaat sonder dat dit aan mekaar raak.  Sprinkel olyfolie oor en rooster aan albei kante tot gaar en goudbruin.  Voeg die neute na 10 minute by en rooster tot bruin.  Geur met sout en peper en hou eenkant.  Sit die botter en uie in ‘n groot pan en laat dit by lae temperatuur karamelliseer.  Voeg by die skorsie en neute.  Skep mengsel in ‘n mooi opdienbord.  Garneer met roketblare en parmesaankrulle.  Vir afwisseling kan pampoen of beet gebruik word.

Lewer 6 porsies.

 

 

Om Ander Lief Te Hê Beteken

 iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie

Om altyd mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees
sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel

Om ander mense dit wat hulle het of kry, te gun sonder om
lelik te wees as jy dit nie het nie

Om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie

Om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter
as ander mense is nie

Om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat
ander nie ongemaklik saam met jou voel nie

Om nie heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie

Om nie sommer vir niks kwaad te word nie

Om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen
te onthou sodat jy hom of haar kan terugkry nie

 

 

 

 

64.  LEMOENSLAAI:

 

2 groot lemoene, gehalveer                                            ½ groen appel, in blokkies gesny

1 seldery stingel, in ringe gesny                                     50 ml gekapte pekanneute

‘n paar slaaiblare, gekap

SLAAISOUS:

100ml natuurlike jogurt                                                   100ml mayonnaise

1ml gerasperde lemoenskil                                            5ml heuning

sout en peper

 

Skil lemoene versigtig en sny in blokkies.  Meng die lemoenblokkies, appelblokkies en selderyringe, gekapte blaarslaai en pekanneute met die sous. 

Lewer 4 porsies.

 

65. VY – EN – ROKETSLAAI:

 

‘n Heerlike kombinasie!

 

8 vars vye, in kwarte gesny                                            125g roket

180g sagte bokmelkkaas in skyfies gesny                      8 skyfies Parma-ham

(moenie bekommerd wees as dit breek nie)

BASILIEKRUID-VINAIGRETTE:

½ knoffelhuisie gekneus                                                            45ml gekapte dennepitte

‘n handvol vars basiliekruidblare, geskeur                       90ml olyfolie

45ml balsamiese asyn                                                   sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

 

Plaas vye vir 2 uur in die yskas.  Dit maak dit fermer en makliker om in skyfies te sny.  Plaas roket en Parmaham in ‘n mengbak.  Sny vye in oorlangse skyfies.  Berei slaaisous deur al die bestanddele saam te meng.  Giet bo-oor die roket, Parmaham en vye in mengbak en meng liggies deur.  Rangskik slaai op ‘n opdienbord.  Druk skyfies bokmelkkaas tussen in en sit voor.

Lewer 4 porsies.

 

NOTA:

Vervang die vye deur die soetste hanepoot-druiwekorrels ( sowat 375ml).  Halveer die druiwekorrels voordat jy dit meng met die res van die slaaibestanddele.

 

66.  WARM AARTAPPEL EN MOSSELSLAAI:

 

500g baba aartappeltjies, skoon gewas                          400g bevrore mossels, sonder skulpe

30g jong spinasie of roketblare

SLAAISOUS:

125ml olyf- of sonneblomolie                                         125ml room

5ml   gerasperde suurlemoenskil                                    25ml vars suurlemoensap

5ml suiker                                                                     12.5ml vars tiemie

sout en peper na smaak

 

Kook die aartappeltjies in soutwater tot sag.  Dreineer en hou warm.  Kook mossels vir 4 minute in soutwater.  Dreineer en druk versigtig droog met kombuispapier.

Sit al die bestanddele vir die slaaisous in ‘n mengbak en klop deeglik met ‘n draadklitser.  Sny die baba aartappeltjies in helftes en sit saam met die mossels en spinasie in ‘n slaaibak.  Gooi die slaaisous oor en meng versigtig.  Sit dadelik voor.

Lewer 4 porsies.

 

 

As jy geestelike besittings nalaat, kan niemand dit deurbring hemel toe nie.

 

 

 

 

67.  PYNAPPEL EN SPRUITSLAAI:

 

200g boontjiespruite                                                      175g gaar hoender, in blokkies, gesny

1 blik  pynappelstukkies, gedreineer                               1 blik mandaryn skyfies, gedreineer

2 sprietuie, gekap                                                          50g haselneute, vir garnering

SLAAISOUS:

1 knoffelhuisie, fyngedruk                                             15ml heuning

15ml heelkorrelmosterd                                                  25ml suurlemoensap

60ml olyfolie

 

Meng al die slaaibestanddele buiten die haselneute.  Meng al die bestanddele vir die slaaisous en giet oor die slaai.  Voeg die haselneute by en meng liggies deur. 

Lewer 4-6 porsies.

 

68.  BEET EN KEKERERTJIESLAAI:

 

12 bete, gaar, afgekoel en geskil                                   410g blik kekerertjies

‘n sakkie baba spinasieblare                                          ‘n sakkie gemengde slaaiblare

400g feta, in blokkies gesny                                          24 swart olywe

225g dun groenboontjies, skoongemaak                                    250g baba-tamaties, gehalveer

geblansjeer

SLAAISOUS:

80ml balsamiese asyn                                                   vars gemaalde swartpeper

40ml heelkorrelmosterd

 

Sny die beet in wiggies.  Meng die res van die bestanddele liggies, skep dit op ‘n groot vlak skottel en sit die beetwiggies bo-op.  Klop die sousbestanddele saam en drup dit oor die slaai wanneer jy dit voorsit.

 

‘n Kleurryke slaai met ‘n besonderse smaak.

 

69.  SALMSLAAI:

 

250g gaar salm                                                             15 kersietamaties, gehalveer

1 bossie grasuie, gekap                                                            ½ blikkie van 410g pitmielies, gedreineer

45ml Franse slaaisous                                                   125ml mayonnaise

½ suurlemoen se skil, fyn gerasper + sap                       30ml gekapte pietersielie

12 klein aartappeltjies, gekook en gehalveer

 

Verwyder die vel, vlok die salm en meng met die tamaties, grasuie, pitmielies en slaaisous.  Laat eenkant.  Geur die mayonnaise met suurlemoenskil en sap, voeg die pietersielie by en meng met die salm en aartappeltjies.

 

NOTA:

Die salm kan met ‘n blikkie salm of tuna vervang word.

 

n Etenstafel is al plek waar die eerste uur nie vervelig is nie. – Brillat- Savarin

 

 

 

 

 

 

 

 

 

70.  FRIKKADELSLAAI:

 

Frikadelle:

500 g maer maalvleis                                                     1 sny brood, geweek in 100 ml melk

1 klein ui, fyn gekap                                                      5 ml sout

varsgemaalde swartpeper na smaak                               1 ml fyn naeltjies

30 ml wynasyn                                                              50 ml gekapte pietersielie.

 

Krummel brood.  Voeg res van bestanddele by.  Meng liggies met 'n vurk.  Vorm klein frikkadelle. Plaas op 'n bakplaat.  Bak by 160 C vir 20 minute en laat afkoel.

 

Slaai:

1 krop botterslaai                                                          ½ Engelse komkommer, in skywe gesny

425 g-blikkie klein mielies, gedreineer                             150 g swart druiwe

10 kersietamaties                                                          30 ml gekapte pietersielie.

 

Pak blaarslaai op 'n groot plat bord.  Rangskik frikkadelle, komkommer, mielies, druiwe en tamatie bo-op slaai.  Sprinkel met pietersielie.

 


71.  GEBAKTE AARTAPPELSLAAI:

 

30ml botter                                                                   30ml meelblom

310ml melk                                                                   sout

vars gemaalde swartpeper                                             125ml mayonnaise

6 medium aartappels

(geskil en sag gekook)

 

Voorverhit die oond tot 180C.  Bespuit ‘n oondvaste bak van 20 cm met kleefwerende kossproei.  Smelt die botter in ‘n pan.  Voeg die koekmeelblom by en roer tot glad.  Voeg die melk geleidelik by en roer aanhoudend tot die sous kook en verdik.  Geur na smaak met sout en swartpeper.  Verwyder van die hitte en roer mayonnaise by.  Sny die aartappels in skywe en plaas in die gesmeerde oondbak.  Giet die sous oor die a

 


72.  GEROOSTERDE GROENBOONTJIESLAAI:

 

500g groenboontjies, puntjies afgesny                           30ml olyfolie

 

SLAAISOUS:

80ml vars lemoensap                                                     gerasperde skil van een lemoen

15ml suurlemoensap                                                      1 knoffelhuisie gekneus

1x2,5cm vars gemmer, geskil, fyngekap                         5 ml sojasous

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak                  ‘n bossie sprietuie, gekap

45-60ml heel amandels, gerooster, gekap

 

1.     Voorverhit die oond tot 220C.  Rangskik boontjies in ‘n enkellaag in ‘n vuurvaste oondbak.

2.     Drup olyfolie oor en rol groenboontjies in olie sodat hulle heeltemal bedek is.

3.     Rooster vir 10 minute of tot brossag.  Verwyder van bakplaat en plaas in ‘n mengbak.

 

BEREI DIE SLAAISOUS:

1.     Meng al die bestanddele behalwe die sprietuie en amandels en klits tot goed gemeng.

2.     Giet slaaisous oor groenboontjies en meng deur.

3.     Skep op ‘n opdienbord of in ‘n slaaibak en sprinkel sprietuie en amandels oor.  Sit voor.

 


As mans 60 word, tree hulle af.  Vrouens hou aan met kook. – Gail Sheehy

 

 

 

 

 

 

 

73.  GESONDHEIDSSLAAI:

 

SLAAISOUS:

 

125olyfolie                                                                    30ml sojasous

45ml suurlemoensap                                                      30ml heuning

vars gemaalde peper na smaak                         

 

SLAAI:

 

250ml rou stampkoring, afgespoel, geweek                    250ml rou lensies

in koue water vir 2 ure                                                    60ml sultanas

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny                                2 seldery stingels, in skyfies gesny

‘n bossie sprietuie, gesny                                              250ml pekanneute, gekap

375ml vars spinasie, fyngekap

 

BEREI DIE SLAAISOUS:

Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam en plaas eenkant.  Proe en pas aan indien nodig.

 

BEREI DIE SLAAI:

 

Dreineer stampkoring en plaas in ‘n kastrol.  Bedek met  750ml koue water en voeg sout by.  Bring tot kookpunt en laat vir 35 minute prut of tot sag.  Dreineer. Kook lensies in ‘n aparte kastrol  in soutwater vir 40 minute of tot sag.  Dreineer.  Meng stampmielies en lensies in ‘n groot mengbak en meng met slaaisous.  Voeg oorblywende slaaibestanddele by en meng met twee vurke.  Laat heeltemal afkoel.  Plaas in yskas tot benodig.  Bedien teen kamertemperatuur.

 

74.  GESTOLDE BEETSLAAI:

 

3 bete                                                                           80g braamjelliepoeier

25ml asyn                                                                     sout en peper na smaak

slaaiblare en mayonnaise vir garnering

 

Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit sag is. Dreineer dit, maar behou 375ml van die water waarin  die beet gekook is.  Los die jelliepoeier in die warm beetwater op en hou dit eenkant.  Voeg die asyn, sout en peper by en verkoel dit totdat dit begin stol.  Vryf intussen die beetskille af en rasper die beet.   Roer die beet by die jellie wanneer dit begin stol en gooi die mengsel in 'n nat vorm.  Verkoel dit totdat dit gestol het.  Ontvorm dit op slaaiblare en garneer dit mayonnaise.

 

75.  GROENTESLAAI:

 

500 g bevrore groentemengsel, bestaande uit groenbone, murgpampoentjies en broccoli, OF bevrore gemengde groente met wortels, broccoli, groenbone, ertjies en blomkool

200 g vars blomkool, in blommetjies gebreek

 

Sous:

200 ml bruinsuiker                                                         200 ml druiweasyn

175 ml olie                                                                    10 ml mosterdpoeier

sout en swartpeper                                                        ½kop blaarslaai, in blare gebreek

½ Engelse komkommer, in skyfies gesny                       1 ui, fyn gekap

uieringe en soetrissierepies (opsioneel)

 

Kook die bevrore groentemengsel in 'n klein bietjie kokende soutwater tot sag, maar nog bros en ferm.  Dreineer baie goed en plaas in 'n plastiekbak met 'n deksel wat dig sluit.  Meng die bruin suiker, druiwe asyn, olie en mosterdpoeier goed  saam en geur goed met sout en peper.  Giet oor die warm groentemengsel, bedek en laat staan tot heeltemal afgekoel, liefs 4 uur lank.  Keer die bak een keer tydens die staantyd om sodat die boonste groente ook in die sous kan lê.  Voer 'n mooi glasbak net voor opdiening met slaaiblare uit.  Meng die komkommerskyfies en fyn gekapte ui by die groentemengsel in en skep op die blaarslaai.  Genoeg vir 6 mense.

 

76.  HAWAISE HAMSLAAI:

 

250g rys                                                                       12.5ml asyn

37.5ml kookolie                                                             halwe komkommer, gekap

125g fyn pynapppel                                                      50ml ertjies, soetrissies of groenbone

sout en peper                                                                250g maer ham of weense worsies

 

Kook rys soos gewoonlik.  Gooi die olie, asyn, en geurmiddels in bak, voeg rys by en laat staan om heeltemal koud te word.  Kap die vleis en voeg die pynappel en enige van die genoemde groente by.  Indien verkies kan dit liggies in ‘n vorm gedruk word en uitgekeer word.

 


77.  HEERLIKE SLAAI:

 

1 klein slaaikop goed afgewas                                       4-6 ekstra groot eiers

100ml dun room                                                            30-50ml suiker

15 ml wit druiwe asyn                                                     sout

peper

 

Sny die slaaikop in dun repe.  Rangskik onder in ‘n diep slaaibak. Kook die eiers hard, dop af en kap dit fyn op.  Sprinkel oor die slaaiblare.  Meng die room, suiker en asyn.  Geur na smaak met sout en peper.  Giet die slaaisous net voor opdiening oor ander word die blare pap.

Lewer 4 porsies.

 

78.  GESTOLDE WORTELSLAAI:

 

1 medium blik 'crushed' pynappelstukke                           4 koppies gerasperde wortels 1 pakkie pynappeljellie                                                   15ml gelatien (aangemaak met 15ml lou water) halwe teelepel sout                                                        kwart koppie suiker 2 teelepels suurlemoensap                                              1 blik nestle room, geklop
Gooi sap van pynappelstukke af, genoeg vir 1 koppie.
  Voeg 2 koppies water by pynappelsap en laat kook.  Haal af van stoof en laat afkoel.  Voeg jellie, suurlemoensap, sout, gelatien en suiker by.   Laat afkoel tot dikte van wit van 'n eier. Rasper 4 koppies wortels by. Voeg fyn pynappelstukkies by  afgekoelde jelliemengsel.  Voeg geklopte room by. 
Gooi in vorm en laat stol.

79.  KORINGSLAAI MET ‘N VERSKIL:

 

3 koppies koring gekook                                                           1½ koppies ingemakte geel perskes gekap 1½ koppie vars pynappel gekap                                                1 koppie fyn gekapte selery ½ koppie fyn gekapte groenrissie                                  ¼ koppie fyn gekapte ui 3 eetlepels gekapte pietersielie                                      ½ koppie rosyne ½ koppie sonneblomsaad                                            

 

Meng ("toss") alles saam
sous 125ml sonneblomolie                                                     10ml suurlemoensap 5ml kerriepoeier +                                                          ½ t borrie 5ml sojasous of 'worcester' sous                                               10ml heuning

Meng bestanddele en gooi oor slaai

 

‘n Vrou se berou is soos ‘n donderstorm – Kort en geweldig.

 

 

 

 

 

80. SOMER HOENDERSLAAI


Let wel:

Hierdie resep lewer slegs 2 porsies.  Pas dus die hoeveelhede aan.

 

1 avokado, in blokkies gesny                                        2 wortels, julienne gesny 2 gaar hoenderborsies, in blokkies gesny                       100 ml croutons 75 g sampioene, in skywe gesny                                    1 selderystingel, in skywe gesny 1/2 pak kontinentale slaai met kruie                                balsamiese asyn vir slaaisous

 

Meng al die bestanddele saam in 'n slaaibak. Gooi slaaisous kort voor bediening oor.

 

81. BROODSLAAI (Die maklike een)

 

sny brood in dik snye en dan in blokkies                                    sny kaas van jou keuse in blokkies

gebraaide spekvleis in stukkies gekap                           gelyke mates kondensmelk en mayonnaise

olie vir diepbraai                                                            gebraaide sampioenstukkies (opsioneel)

 

Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin.  Dreineer en laat afkoel.  Voeg die res van die bestanddele  by die mayonnaise mengsel ‘n halfuur voor opdiening by.

 

82. ASPERSIE- EN SAMPIOENSLAAI:

 

155 g aspersies                                                             1 eetlepel volgraanmosterd

60 ml lemoensap                                                           1 rooi soetrissie, in repies gesny

1 eetlepel lemoenskil                                                     2 teelepels suurlemoenskil

2 teelepels lemmetjieskil                                                2 huisies knoffel, gekneus

60 ml heuning                                                                400 g knopiesampioene, gehalveer

150 g rocket-blare                                                          

 

Sny die punte van die aspersies af en sny diagonaal deur.  Plaas in 'n pot kookwater en kook vir 'n minuut of tot net sag.  Dreineer, dompel in koel water en sit eenkant. Plaas mosterd, sappe en skil, knoffel en heuning in 'n groot pan en geur met peper. Bring tot kookpunt en verminder dan die hitte.  Voeg sampioene by en roer vir twee minute.  Ver- wyder die sampioene uit die sous.  Bring die sous weer tot kookpunt en verminder dan die hitte.  Prut vir sowat vyf minute of totdat die sous stroperig word.  Meng die sampioene, rocket-blare, soetrissie en aspersies.. Bedruip met sous en bedien.

 

83. NOEDEL & GEROOKTE HOENDER SLAAI:

 

4 gerookte gaar hoenderborsies                                     3 koppies gaar noedels skroewe of skulpies ½ koppie pekanneute                                                    1 stingel seldery 1 pynappel in blokkies                                                   1 wiel feta kaas

Sous 250ml mayonaise                                                          ½ koppie suur room melk of franse slaaisous om te verdun.

 

Meng die slaaisous die vorige aand.  Meng met die noedels  en laat staan oornag in yskas.  Meng die ander bestanddele by net voor opdiening.

 

Nouvelle cuisine beteken te min op jou bord, en te veel op jou rekening-

 Paul Bocuse

 

 

 

 

 

 

84. CANNELONI-MET HAM EN SPINASIE- SLAAI:

 

250g CANNELONI                                                         10ml olyfolie

500ml spinasie, stingels verwyder, blare gekap               125g gekookte ham, in skyfies gesny;

2 preie, in ringe gesny                                                   100g feta-kaas, in blokkies gesny.

 

Slaaisous:

1 knoffelhuisie, gekneus                                                            sout na smaak

30ml olyfolie                                                                 15ml vars suurlemoensap;

175ml natuurlike jogurt                                                   1ml mosterdpoeier;

3ml gedroogde, gemengde kruie                                                gemaalde swartpeper.

 

Kook CANNELONI volgens aanwysings op pakkie.  Dreineer in vergiettes en voeg 10ml olyfolie by. Meng en laat afkoel.  Meng die CANNELONI, spinasie, ham en preie en plaas in opdienbak.  Sprinkel

fetakaas blokkies bo-oor.

 

Sous:

Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam.  Giet oor slaai en sit dadelik voor.

 

85.  HOENDERSLAAI MET MANGO EN GEMMER MAYONNAISE:

 

6 hoenderborsie filette                                                   250ml wit wyn

250ml hoenderaftreksel                                                  2ml swart peperkorrels

3 lourierblare                                                                 bossie gemengde kruie

2 selderystingels, gekap                                                            45ml pietersielie, gekap

3 groot mango's, geskil en gesny.

 

Gemmer mayonnaise


200ml mayonnaise                                                         200ml suurroom

1 suurlemoenskil, gerasper                                            30ml suurlemoensap;

10ml heuning                                                                 1 stukkie gemmerwortel, geskil en gerasper

sout en peper na smaak.

 

Meng alle mayonnaise bestanddele  saam, geur en verkoel.

 

Kook hoender liggies gaar in wyn en hoenderaftreksel, asook met  kruie, peperkorrels en lourier blare.  Sodra gaar, sny in stukkies. Meng gaar hoender met seldery, pietersielie en mango skyfies.  Meng met gemmer mayonnaise.

 


86.  INDIESE RYSSLAAI:

 

500ml gaar rys                                                              1 ui, geskil en fyngekap

25ml blatjang                                                                1 klein blikkie perskes, gedreineer in blokkies

125ml kondensmelk                                                       37.5 ml suurlemoensap

12,5ml kerriepoeier (matig)                                             250ml mayonnaise

sout                                                                             

 

Meng kerriepoeier en suurlemoensap.  Meng res van bestanddele, gooi kerriemengsel oor en roer goed deur.  Laat staan oornag in yskas en dien op.

 

87.  ITALIAANSE PASTASLAAI:

 

300 g macaroni                                                                         15 ml olyfolie

6 snye pastrami, in dun repe gesny                                50 g grondboontjies, gerooster

125 ml gevulde olywe                                                    60 ml gekoopte pesto-sous

125 ml mayonnaise                                                        varsgemaalde swartpeper

 

Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente.  Dreineer en spoel af onder koue lopende water.  Meng die pasta liggies met die olie.  Plaas die pastrami, grondboontjies, olywe en pasta in 'n slaaibak en meng liggies deur.  Meng die pesto en  mayonnaise saam, giet oor die pasta slaai, geur met varsgemaalde swartpeper.  Bedek met kleefplastiek, plaas vir 'n paar uur in die yskas.

88.  GEMARINEERDE MURGPAMPOENTJIESLAAI:


 

(5-6 porsies)

'n Heerlike slaai wat verbeter wanneer dit 'n rukkie in diue yskas gestaan het.

 

sowat 8 murgpampoentjies, in ringe gesny                     2,5 ml gegeurde seesout

1 blik (400 g) botterbone, gedreineer                              125 ml gesnyde, ontpitte calamata-olywe

6 sprietuie, dun gesny met groen lowwe

 

Slaaisous:

60 ml wit wyn of appelasyn                                            1 knoffelhuisie, gekneus

2,5 ml gemengde kruie                                                  60 ml olie

 

Garnering:

30 ml Parmesaanse kaas, gerasper                                1 botterslaai

 

Sout die murgpampoentjies en laat staan 'n halfuur in 'n vergiettes om oortollige water te dreineer.  Meng die slaaisousbestanddele.  Meng slaaibestanddele liggies met slaaisous.  Marineer 'n paar uur lank bedek in die koelkas.  Om voor te sit:  Skep slaai op die botterslaai en sprinkel  Parmesaanse kaas oor.

 

89. CHINESE KOMKOMMERSLAAI:


 

½ komkommer, geskil en in dun skywe gesny                5 ml witasyn

30 ml water                                                                   5 ml suiker

2 sprietuie, fyngekap                                                     1 klein wortel, geskil en gerasper

 

1.  Rangskik die komkommerskywe in 'n mooi plat opdienbak.

2.  Meng die asyn, water, suiker, sprietuie en wortels en giet oor die slaai.

3.     Sit die slaai voor saam met die warm speseryagtige visballetjies.

 

90.  AVOKADO EN KIWI SAMBAL-SLAAI:


(4 porsies)

 

2 ryp kiwivrugte, geskil en in blokkies gesny                   4 sprietuie, fyn gekerf

2 ryp tamaties, in blokkies gesny                                   1 brandrissie, fyn gekerf

30 ml suurlemoensap                                                     1 ryp avokado, geskil en in blokkies gesny

gegeurde seesout na smaak

 

Meng al die bestanddele liggies saam en sit voor.

 

91.  AVOKADO EN AARTAPPELSLAAI:


 

600 g middelslag aartappels, gewas                               60 ml Franse slaaisous

1 klein ryp avokado                                                       sap en gerasperde skil van een

3 ml sout                                                                      suurlemoen

varsgemaalde swartpeper                                              1 knoffelhuisie, gekneus en fyngekap

5 ml suiker                                                                    50 ml room of melk

25 ml gekapte grasuie                                                   15 ml gekapte, vars pietersielie

 

Bedek die aartappels met net genoeg water.  Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat saggies prut totdat die aartappels net sag is.  Dreineer en gooi koue water bo-oor (dit vergemaklik die aftrek van die skil).  Sny die aartappels in blokkies en meng liggies met die Franse slaaisous terwyl die aartappels nog warm is.  Halveer die avokado, verwyder die pit en skep die vleis uit.  Plaas die avokado met die suurlemoensap, -skil, sout, peper, knoffel, suiker en room of melk in 'n voedselverwerker en verwerk tot mooi glad (gebruik 'n vurk indien 'n voedselverwerker nie beskikbaar is nie).  Voeg die grasuie en pietersielie daarby. Die sous kan met ekstra room of melk verdun word.  Meng die sous liggies met die aartappel blokkies, skep in 'n mooi glasbak en bedien koud.

 

 

92.  MAYONNAISE BEETVORM:

 

80g braamjelliepoeier                                                     5ml jelliepoeier

250ml kookwater                                                           400g ingemaakte beet

200ml mayonnaise                                                         200ml ingedampte melk

pietersielie vir garnering

 

Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater.  Laat dit afkoel totdat dit begin stol.  Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op.  Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie.  Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het.  Vou dit in by die beet.  Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is.  Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.

 

93. KRAAKVARS KOOL EN APPELSLAAI:

 

NB. Resep slegs vir 2-3 porsies

 

½ koolkop, geweas en gesnipper                                   2 Granny-Smith appels, grof gerasper

1 klein groen of rooi soetrissie, fyn gekap         

 

SLAAISOUS:

100ml olie                                                                     75ml koue water

75ml suurlemoensap                                                      45ml sagte bruinsuiker

5ml sout na smaak                                                        8ml karwysaad

 

Meng die kool, appels en soetrissie met ‘n slaailepel en –vurk in ‘n slaaibak.

Klits die olie, water, suurlemoensap, bruinsuiker en sout met ‘n draadklitser in ‘n glasbakkie.

Giet die slaaisous oor die slaai en meng alles goed saam.  Strooi die karwysaad bo-oor en meng dit.

 

94. MAKLIKE UIESLAAI:

 

500-750g skoongemaakte uitjies                                     100ml kondensmelk

5ml mosterdpoeier                                                         100ml tamatiesous

100ml witasyn

 

Kook die uitjies in soutwater tot sag en dreineer.  Laat koud word.  Meng kondensmelk en mosterdpoeier.  Klop tamatiesous en asyn by en meng goed.  Plaas uitjies in ‘n slaaibak en gooi die sous bo-oor. 

Lewer 4-6 porsies         

 

95. HEERLIKE MENGELSLAAI:

 

4 slaaiblare                                                                   1 klein komkommer, in blokkies gesny

2 skywe pynappel, in blokkies gesny                             1 appel, in blokkies gesny

125ml gaar ertjies                                                          3 dadels, in stukkies gesny

1 ui, gekap                                                                    250ml mayonnaise

 

Laat week die slaaiblare 10 minute lank in soutwater.  Dreineer dit.  Meng die res van die bestanddele liggies.  Skep die slaaimengsel op die slaaiblare.

 

‘n Suksesvolle huwelik beteken nie dat jy die suksesvolle huweliksmaat moet vind nie, maar dat jy die regte huweliksmaat moet wees.

 

 

 

 

 

 

96. NOEDEL EN SULTANA SLAAI:

 

500g skulpnoedels                                                        410g (1blik) perskeskywe

125ml mayonnaise                                                         25ml matige kerriepoeier

250ml Cheddarkaas, in blokkies gesny                           1 ui, fyn gekap

1 groen soetrissie, ontpit en fyn gekap                           250ml gebleikte sultanas

 

Kook die noedels volgens die aanwyssings op die pakkie tot net gaar maar nie pap nie.  Spoel die gaar noedels onder lopende water af en laat dit goed dreineer.  Dreineer die perskeskywe en behou die stroop.  Sny die perskeskywe kleiner.  Meng die perskestroop, mayonnaise en kerriepoeier tot glad.

Meng die noedels, perskestukkies, perskestroopmengsel, kaas, ui, soetrissie en sultanas liggies.  Verkoel die slaai voor opdiening.

 

97.  RISSIE EN BILTONG-PASTASLAAI:

 

250g vlinder of skroef pasta                                          1 bossie sprietuie, in skyfies gesny

julienne van 2 groot skoon geskraapte wortels                1 groot lemoen, geskil & in segmente verdeel

1-2 vars brandrissies, ontpit in skyfies gesny                  150g gesnyde beesbiltong

50ml vars gekapte pietersielie                                        5ml speserye vir slaai

100ml KNORR songedroogde tamatie-en-olyfolie

slaaisous

 

Kook pasta volgens die aanwysings op die pakkie.  Dreineer en gooi in ‘n groot slaaibak.  Besprinkel met 50ml van die slaaisous en meng goed.  Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur.  Sprinkel die oorblywende sous oor.

Lewer 4-6 porsies.

 

98.  BEET EN PEKANNEUT SLAAI:

 

3 groot, gaar bete in blokkies gesny                              1 groot ui, fyn gekap

1 groot groen appel, met skil in blokkies gesny              50g pekanneute, gekap

150ml gekoopte vinaigrette-slaaisous                             1 klein blaarslaai, fyn gesny

‘n paar heel pekanneute vir garnering

 

Meng die beet, ui, appel en neute in ‘n mengbak.  Plaas die blaarslaai op ‘n opdienbord, skep die beetmengsel mooi bo-op en drup die slaaisous oor.  Garneer met gekapte neute.

Lewer 4-6 porsies.

 

99.  KIWIVRUG EN DRUIWESLAAI MET KASJOENEUTE:

 

‘n paar slaaiblare                                                           2 kiwivrugte, geskil en gesny

2 lemoene in segmente verdeel                                      125ml groen pitlose druiwe

1 klein groen soetrissie, ontpit, in blokkies gesny                       4 radyse, dun gesny

100g sampioene, dun gesny                                          ¼ Engelse komkommer, gesny

gekoopte olievrye vinaigrette, na smaak                         60ml kasjoeneute

 

Rangskik die slaaiblare op ‘n slaaibord.  Meng die res van die vrugte en groente liggies saam met die vinaigrette totdat die vrugte en groente na smaak bedek is met die sous.  Rangskik mooi bo-op die slaaiblare en strooi neute bo-oor.

Lewer 4 porsies.

 

Sommige mense word net nooit groot nie, hulle word net oud.  Baie vrouens het ‘n

tiener man, en baie geduldige mans het ‘n kinderbruid met plooie.

 

 

 

 

100. SOET-SUUR BOONTJIESLAAI:

 

410g botterboontjies                                                     60ml gebleikte sultanas

410g pynappelstukke in natuurlike sap                           50ml sagte bruinsuiker

50ml asyn                                                                     20ml mielieblom gemeng met bietjie water

 

Plaas ongedreineerde boontjies, pynappelstukkies, sultanas, suiker en asyn in ‘n kastrol.  Bring tot kookpunt.  Verdik met mielieblom en kook vir 1 minuut.  Laat heeltemal afkoel en bedien. 

Hierdie slaai kan vir tot 3 dae in die yskas gebêre word.

Lewer 6-8 porsies.

 

101.  BEET IN ROOMSOUS:

 

1kg rou bete                                                                 2 repe spekvleis, gesnipper

15ml kookolie                                                               2 middelslag uie, gekap

100ml koekmeelblom                                                     500ml vleisaftreksel

knypie fyn kruienaeltjies                                                 knypie fyn kaneel

sout en peper na smaak                                                            125ml vars room

sap van ½ suurlemoen                                                   5ml suiker

gekapte uiegras

 

Kook bete in soutwater tot sag.  Trek skille af en sny bete in kwarte indien hulle groot is.  Braai spekvleis in kookolie tot goudbruin.  Voeg die uie by en soteer tot sag.  Voeg meel by en roer tot gemeng.  Voeg aftreksel, naeltjies, kaneel, sout en peper by, roer gereeld en kook 10 minute oor matige hitte.  Voeg 100ml van die room by asook die suurlemoensap en suiker.  Voeg die bete by en laat 5 minute lank prut.  Skep in opskepskottel, gooi res van room oor en strooi die gekapte uiegras bo-oor.  Sit dadelik voor.