Wednesday 4 November 2015

Vrugtekoek




Vrugtekoek
Bestanddele
2 koppies water
375 g botter
2 koppies suiker
375 g dadels, opgesny
250 g rosyne
250 g sultanas
250 g korente
2 teelepels koeksoda
5 eiers
250 g kersies, in die helfte gesny
125 g gemengde skil
4 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel kaneel
1 teelepel gemmer
½ teelepel neut
1 teelepel gemengde speserye
1 teelepel sout
1 koppie brandwyn
Metode
Voer 2 ronde koekpanne uit met 3 lae bruinpapier en 1 laag waspapier. Die grootte maak nie regtig saak nie, dit sal net die hoogte van koek bepaal.
Kook die water, botter, suiker, dadels, rosyne, sultanas en korente stadig saam.
Haal na 20 minute van die plaat af en roer dadelik 2 teelepels koeksoda by.
Laat afkoel.
Meng die eiers, kersies en gemengde skil saam.
Sif die meel, bakpoeier, kaneel, gemmer, neutmuskaat, gemengde speserye en sout saam.
Voeg die eiermengsel by afgekoelde vrugte.
Roer die meelmengsel by.
Voeg die brandewyn by.
Skep die beslag in die panne.
Sit ’n dakkie van foelie bo-op.
Bak teen 150 grade vir 3 ure.
Laat dit in die panne afkoel.
Maak goed toe met foelie tot gebruik.