Wednesday 18 November 2015

TARTE TATIN


 
 
TARTE TATIN

8-10 appels soos Gala
150g botter
15g wit suiker...
200g gevriesde tertdeeg, ontdooi


Ontpit en sny die appels in kwarte
In `n geskikte pan, 28-30cm, verhit die suiker oor medium hitte totdat karamel vorm
Haal die pan van die hitte af
Voeg die botter by en meng
Rangskik die appels in die karamel, so styf gepak as moontlik
Plaas terug op die hitte vir ongeveer 10 minute
Berei intussen die deeg voor, rol groot genoeg uit om die pan te bedek
Verwyder appels van die hitte, plaas die deeg bo-op, seël die kante goed en prik eenkeer in die middel
Bak in die oond teen 180°C vir ongeveer 25 minute
Verwyder uit oond, laat effens afkoel en keer om op geskikte grootte bord