Wednesday 18 November 2015

1-Minuut-Slaai : Vis en Vinkel





1-Minuut-Slaai : Vis en Vinkel

(Hoeveelhede kan aangepas word na smaak)

200g gerookte vis soos kabeljou, snoek, makriel of forel...
1/4 Golden Delicious appel
1/4 jong vinkelbol
dille
forel-eiers (opsioneel)

Rangskik die vis op `n bord
Sny die appel in kwarte en dan in papierdun snye
Rangskik bo-op met die vis
Sny die vinkel dun en plaas op die bord
Voeg dille en forel-eiers by
Bedien met `n paar druppels olyfolie en peper