Monday 30 November 2015

SWARTWOUD-KOEKSTRUIF




SWARTWOUD-KOEKSTRUIF
Genoeg vir 6 tot 8
6 sjokolade-muffins of sjokolade rolkoek of sjokolade koek
60 ml brandewyn (of rum)...
1 blik kondensmelk
die sap van 1 suurlemoen
225 g Philadelphia-kaas
1 blik ontpitte swartkersies (of ’n blik aarbeie)

250 ml room
1 Flake
Vars aarbeie of kersies om te versier
Sny die muffins middeldeur en sprinkel die brandewyn oor.
Klits die kondensmelk, suurlemoensap en roomkaas saam tot ’n gladde mengsel.
Pak ses muffinhelftes onderin ’n glasbak.
Rangskik die helfte van die kersies eweredig oor die muffins.
Gooi die helfte van die roomkaasmengsel oor die muffins.
Herhaal die lae (muffins, kersies, roomkaas).
Bedek die bak met kleefplastiek en verkoel oornag.
Net voordat jy die nagereg voorsit, klits die room styf en gooi oor die koekstruif.
Krummel die Flake oor en versier met vars aarbeie.
Die koekstruif is op sy lekkerste ’n dag of twee nadat dit gemaak is