Monday 30 November 2015

Ouma Annie se koekstruif




Ouma Annie se koekstruif
Genoeg vir: 12
Bereidingstyd: 45 minute, plus stoltyd vir die jellie
• 3 pakkies groenpruimjellie...
• 3 pakkies aarbeijellie
• 1 groot Switserse rolkoek (’n dag oud) of drie kleintjies, in skywe gesny (ouma Annie het sponsvingers gebruik, maar my kinders het nie daarvan gehou nie)
• 150 ml lemoensap
• ’n skeut brandewyn
• 100 ml muskadel

• verglansde pynappel, gesnipper
• groenvye, gesnipper
• okkerneute en/of pekanneute, grofgekap (hou ’n klompie heel vir garnering)
• verglansde gemmer, gesnipper (opsioneel)
• 1½ liter dik vanieljevla, tuisgemaak of gekoop
• 500 ml room, styfgeklop
• rooi kersies (maraschino- of glanskersies)
• angelica (opsioneel)
1 Berei die jellie reeds die vorige dag volgens die aanwysings op die pakkie en sit dit in die yskas om te stol.
2 Pak die volgende dag ’n laag koekskywe op die bodem van ’n groot glasbak en klam dit aan met die lemoensap, brandewyn en muskadel. Sprinkel die pynappel, vye, neute en gemmer daaroor. Giet ’n laag vla oor. Krap die jellie met ’n vurk in frummels en gooi ’n laag rooi en ’n laag groen jellie oor die vla. Herhaal die proses; eindig met ’n laag vla.
3 Versier die koekstruif met die room en kersies, halwe pekanneute of okkerneute en ’n paar stukkies angelica. Ek maak gewoonlik die koekstruif die aand voor die tyd, want dan kry die geure kans om goed te meng.