Thursday 26 November 2015

Soetkoekies met glanskersies




Soetkoekies met glanskersies
 Bestanddele
(Lewer 100 koekies)

 6 k koekmeel
 2 k suiker
 1 k botter
 4 eiers
 2 t koeksoda

 2 t kremetart

Voorverhit die oond tot 200 °
Room die botter en suiker goed saam.
Voeg die eiers een vir een by.
Voeg die koeksoda en ¼ k melk by.
Meng die koekmeel, sout en kremetart in ’n mengbak en voeg dit by die bottermengsel.
Meng tot stywe deeg vorm en voeg nog bietjies melk by om die deeg sag te maak.
Maak seker die deeg is nie te styf om deur ’n spuitsak te druk nie.
Spuit die koekies uit en plaas ’n glanskersie op elkeen.
Bak vir 10 minute