Monday 23 November 2015

S’more-stokkies




S’more-stokkies
Genoeg vir 4 stokkies
8 Marie-beskuitjies
4 sosatiestokkies
100 g sjokolade...
4 malvalekkers

Plaas 4 koekies op ’n bord met ’n stokkie op elk. Plaas 1 blokkie sjokolade bo-op elke koekie en plaas in die mikrogolfoond vir 1 minuut. Plaas dan ’n malvalekker bo-op en verhit in die mikrogolfoond tot die lekkers begin uitpof – hou dit dop, want dit gebeur vinnig! Plak toe met nog ’n koekie.
Smelt orige sjokolade en versier die bokante van die koekies.