Monday 23 November 2015

Stroopsoet perskes




Stroopsoet perskes
Genoeg vir 4
50 ml gouestroop of heuning
50 ml water
30 ml bruinsuiker...
4 perskes, gehalveer

30 g gevlokte amandels, gerooster
Meng stroop, water en suiker in ’n pan en verhit tot mengsel begin kook. Plaas gehalveerde perskes gesnyde kant na onder in die pan.
Kook vir 2-3 minute tot effens sag terwyl jy stroop oor die perskes skep. Sit warm voor met gevlokte amandels.