Monday 16 November 2015

Sjokoladekoekies




Sjokoladekoekies

 


Bestanddele
200 ml strooisuiker
¼ k (62.5 ml) olie
2 eiers
1 t (5 ml) vanieljegeursel
2 t (10 ml) koffiepoeier
⅓ k (± 80 ml) kakao
1 k (250 ml) koekmeel
1 t (5  ml) bakpoeier
knippie sout
30 ml grofgekapte makadamianeute
versiersuiker om die koekies in te rol

Metode
Klits die strooisuiker, olie, eiers en vanieljegeursel en koffiepoeier in ‘n mengbak saam.
Sif die kakao, meel, bakpoeier saam en voeg die sout en neute by.
Roer dit by die eiermengsel tot ‘n stywe beslag vorm.
Bedek met kleefplastiek en laat vir ± 15 minute in die yskas rus.
Voorverhit die oond tot 180°C en spuit 2 bakplate met kleefwerende sproei.
Verdeel die deeg in 8 - 10 eweredige balletjies en rol elke balletjie in versiersuiker.
Paas op die voorafbereide bakplate.
Bak vir 10 - 15 minute.
Verwyder uit die oond en laat op ‘n draadrakkie afkoel.