Monday 16 November 2015

Karringmelktert




Karringmelktert
30 mℓ botter
160 g suiker
3 groot eiers, geklop...
5 mℓ vanillageursel
200 g meel
sout
5 mℓ bakpoeier

750 mℓ melk
500 mℓ karringmelk
Spuit 'n vierkantige glasbak van 25x25 cm wat jy in die oond kan gebruik. Voorverhit die oond tot 180°C.
Verroom die botter en suiker saam en voeg dan die eiers en vanilla by.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam.
Voeg dit by die bottermengsel.
Meng die melk en karringmelk en roer dit dan by die bottermengsel. Klop die mengsel goed.
Gooi in die glasbak en bak vir 30 minute.