Metode Voorverhit die oond tot 180°C, en spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei. Halveer die kersietamaties en sny elke spekrepie in die helfte deur. Rol die deeg op ‘n skoon, meelbestrooide oppervlak in ‘n reghoek uit (± 30 x 18 cm). Plaas op die bakplaat en smeer die tamatiepuree bo-op die deeg. Rangskik die spek bo-op en bak vir ± 15 minute. Haal uit die oond en breek die eiers versigtig op die brood, besprinkel met kaas en plaas terug in die oond vir 10 - 12 minute of tot die brooddeeg gaar is. Verwyder uit die oond en laat effens afkoel. Bedien met vars basiliekruid-, baba spinasie- of roketblare. |