Monday 30 November 2015

Ricotta-en-tamatietert




Ricotta-en-tamatietert
Bestanddele
500 g ricottakaas...
100 g fetakaas
3 eiers
2 knoffelhuisies, fyngekap

handvol basieliekruidblare, grofgekap
sout en swartpeper, na smaak
1 koppie (250 ml) kersietamaties, gehalveer
vars basieliekruidblare, vir garnering

Metode
Voorverhit die oond tot 160°C, en spuit ‘n 20 cm losboompan met kleefwerende sproei.
Roer die ricottakaas, fetakaas, eiers, knoffel en basieliekruid in ‘n mengbak saam.
Geur goed met sout en swartpeper.
Giet die mengsel in die losboompan en rangskik die tamaties, gesnyde kant na bo, daarop.
Bak vir ±1uur of tot die tert gestol het.
Laat dit afkoel en sny in skywe.
Garneer met vars basieliekruidblare.