Monday 30 November 2015

My hartjie my liefie hoenderslaai




My hartjie my liefie hoenderslaai - Pasella
Gebruik ferm vars vrugte vir die druk van hartjies. 
 
Bestandele: 
2 Hoender fillette geweek in suurlemoen sap
5ml Hoender spesery
5ml Masala spesery van Ina Paarman
2ml Italiaanse Kaasspeserry
5ml Aromat
20ml botter
1 pakkie Haloumi kaas
1 pakkie blaarslaai
10 Kersietamaties
Halwe avokado in skywe gesny geweek in suurlemoensap
1 Mango of Halwe Spanspek
2 kiwi's
10 Goldcrest Maraschino kersies (opsioneel)
1 snytjie Fetakaas (opsioneel) S
laaisous van jou eie keuse Ek gebruik heuning en mosterd slaaisous 

Voorverhit die oond 180 of 200 grade celsius. Smeer die bakplaat met botter. Sny hoenderfillette en haloumi kaas in skywe en druk hartjie vorms, plaas dit in die gesmeerde bakplaat en strooi speserye oor die hoender stukkies. Bak vir so 15-20 minute tot mooi ligbruin en gaar. Versier die slaaibak met stukkies blaarslaai, sny kersietamaties in helfte, avokado in skywe sprinkel kaasspesery en voeg by die blaarslaai. Skil af en sny mango of spanspek, kiwi's in skywe en druk hartvormpies, versier dit met die slaai. Fetakaas in hartjievormpies gedruk en voeg by, dis opsioneel. Versier kersies bo-oor die slaai. Haal die haloumi kaas en hoender stukkies uit die oond. Strooi bo-oor die slaai en versier dit. Rond dit af met slaaisous. En geniet die heerlike vars slaai. Wortels, sampioene en groenpeper kan ook saam geniet word vir die slaai.