Tuesday 3 November 2015

Ontbyt Idees




Hier is ’n paar gesonde opsies vir ’n soet ontbyt:
■ Hawermout gemeng met bessies, ’n skeppie jogurt en ’n bietjie kaneel;
■ Een of twee snye gesondheidsbrood met ricotta en ’n bietjie heuning;
■ Veselvlokkies (bran flakes) met piesang en vetvrye melk;
■ Lae-GI-muesli met vetvrye jogurt en vars vrugteslaai; en
■ ’n Smoothie gemaak van 2 e rou hawermout, ½ piesang, ½ koppie bevrore bessies, ½ houertjie jogurt en ½ koppie vetvrye melk.
Nie ’n suikertand nie? Hier is ’n paar idees:
■ Geposjeerde of gekookte eiers (of roereier) op ’n volgraan- Engelse muffin, geroosterde sampioene en ’n tamatie;
■ Gerookte forel en maaskaas op een of twee snye gesondheidsbrood;
■ Mozzarella en tamatie op een of twee snye rogbrood;
■ Drie tot vier volgraan- brosbrood (crackers) met dun skywe kalkoen en olyftapenade; en
■ ’n Ontbytslaai (ja, jy het reg gehoor!) gemaak van roket, aarbeie, fetakaas, olyfolie, pekanneute en kersie­tamaties voorgesit saam met melbaroosterbrood.