Monday 9 November 2015

Maklike Melktert




Maklike Melktert
Melk en bietjie meel, eiers en suiker is al wat nodig is om ’n korslose melktert te bak.
Bestanddele:
250ml Suiker
5 ml bakpoeier
30 ml margarien
250 ml koekmeel
3 ml sout
5 ml vanieljegeursel
1 Koppie melk
2 eiers
Metode:
Smelt die margarien en voeg die suiker en eiergele by
Meng die droë bestanddele met die melk en die vanieljegeursel
Voeg alles bymekaar.
Klits die eierwitte styf en vou in die mengsel.
Bak in ’n gesmeerde tertbord by 180 grade Celsius tot die tert begin stol.