Monday 9 November 2015

Framboos- en roossoene





Framboos- en roossoene

Bestanddele

VIR DIE KOEKIES
  • 50 g gemaalde amandels
  • 40 g koekmeel
  • 2 groot eierwitte
  • ’n knippie kremetart
  • 100 g versiersuiker
  • ’n paar druppels amandelgeursel
  • pienk voedselkleursel
 
VIR DIE VULSEL
  • 50 g ongesoute botter, saggemaak
  • 100 g versiersuiker, gesif
  • ’n paar druppels rooswater na smaak
  • ½ tot ¾ e frambooskonfyt na smaak 
Aanwysings
  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer 2 groot bakpla- te met bakpapier uit. Gooi die gemaalde amandels in ’n bakkie en sif die meel by. Hou eenkant.
  2. Gooi die eierwitte en kremetart in ’n groot bak en klits dit met ’n elektriese handklitser tot skuimerig. Sif die versiersuiker by en klop die mengsel weer vir sowat 5 minute totdat dit dik is en sy eie vorm behou – as jy die klitsers uitlig behoort die mengsel in die bak ’n paar sekondes lank ’n blink spoor te laat. Klop die amandel-geursel en genoeg pienk voedselkleursel by totdat jy tevrede is met die kleur. Gebruik ’n groot metaallepel en vou die amandelmengsel eweredig in.
  3. Skep die mengsel in ’n versiersak met ’n spuitstuk van 1 cm (of sny net die punt van ’n weggooibare versiersak af) en druk sirkels van 3 cm op die voorbereide bakplate, spasieer dit ’n ent van mekaar. Maak seker dat jy met ’n gelyke getal eindig (sowat 48). Maak jou vinger effens klam en druk enige punte wat regop staan, plat.
  4. Bak die soene vir 9 tot 11 minute totdat die bokante set, haal dit uit die oond en laat dit op die bakplate afkoel. Wanneer afgekoel, gebruik ’n slaplemmes om dit los te wikkel.
  5. Klop die botter, versiersuiker en rooswater saam in ’n groot bak om die vulsel te maak. Klop tot lig en donsig en roer die frambooskonfyt by.
  6. Gebruik ’n smeersel vulsel om die soene soos toebroodjies te vul. Bedien.
ELKE PORSIE 290 kJ, 3 g vet  (1 g versadigde vet), 11 g koolhidrate (9 g totale suiker).
Kry ’n voorsprong
Berei tot vier ure vooraf tot aan die einde van stap 5. Bêre die soene by kamertemperatuur. Bedek die vulsel met kleefplastiek en bêre by kamertemperatuur. Plak die soene tot ’n uur voor die tyd op mekaar en bêre by kamertemperatuur.