Monday 16 November 2015

Kool-en-appelslaai




Kool-en-appelslaai
½ pers kool, versnipper
½ kool, versnipper
3 appels
100 g dennepitte
200 g fetakaas, in blokkies gesny
50 g bosbessies
125 ml (½ k) mayonnaise
60 ml (¼ k) gewone jogurt
skil en sap van ½ suurlemoen
2 knoffelhuisies, fyngedruk
sout en peper
  1. Meng al die kool in ’n bak. Sny die appels in skywe en voeg dit by die kool.
    Rooster die dennepitte in ’n warm, droë pan tot goudkleurig. Verwyder en sit eenkant om af te koel. Wanneer afgekoel, voeg dit by die koolmengsel.
    Voeg die fetakaas en bosbessies by die koolmengsel. Meng die mayonnaise, jogurt, suurlemoenskil en -sap en knoffel in ’n bak. Geur met sout en peper.
    Bedek albei bakke en sit dit in die koelkas. Wanneer gereed vir voorsit, voeg die mayonnaise-mengsel by die koolmengsel en meng goed. Geur met ekstra sout en peper, indien nodig, en sit verkoel of teen kamertemperatuur voor.