Monday 16 November 2015

Gepiekelde koolslaai met mielies




Gepiekelde koolslaai met mielies
PIEKELMENGSEL
125 ml (½ k) witdruiwe-asyn
250 ml (1 k) water
15 ml (1 e) sout

SLAAI
½kopkool, in julienne-repies gesny
1 rooi-ui, in dun skyfies gesny
2-3 mielies
olyfolie
3 wortels, skoongeskraap en in julienne-repies gesny
1 brandrissie, gekap
groot hand vol sultanas
GROEN MAYONNAISE
20 g koljanderblare, gekap
10 g mentblare, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
125 ml (½ k) mayonnaise van ’n goeie gehalte
  1. Piekelmengsel Meng die bestanddele vir die piekelmengsel en laat kook.
  2. Slaai Giet ¾ daarvan oor die kool en die res oor die ui. Laat staan sowat 1 uur tot afgekoel.
  3. Kook die mielies in ’n kastrol soutwater tot sag. Dreineer. Smeer met olyfolie en rooster vinnig op die kole tot effens geskroei. Sny die pitjies af.
  4. Dreineer die kool en uie en meng. Voeg die mielies, wortel, brandrissie en sultanas by.
  5. Groen mayonnaise Kap die koljander, ment en knoffel goed fyn in die voedselverwerker en meng die mayonnaise by. Meng die mayonnaise deur die koolmengsel.