Monday 16 November 2015

Hoender-tikka met kluitjies




Hoender-tikka met kluitjies
2 kardemompeule
5 ml (1 t) komynsaad
5 ml (1 t) koljandersaad
3 knoffelhuisies, fyn gekap
3 cm vars gemmer, fyn gekap
2 rooi brandrissies, gekap
10 ml (2 t) paprika
15 ml (1 e) garam masala

5 ml (1 t) borrie
45 ml (3 e) tamatiepasta
500 ml (2 k) gewone jogurt
500 g hoenderborsies, in blokkies gesny
400 g blik kersietamaties
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
’n hand vol koljander, vars gekap
Kluitjies
500 ml (2 k) meel
10 ml (2 t) bakpoeier
’n knippie sout
40 g botter, gesmelt
250 ml (1 k) melk
  1. Verwyder die saad uit die kardemompeule en rooster dit dan in ’n droë pan saam met die  komyn en koljander. Maak dit grof fyn met ’n stamper en vysel. Plaas die gemaalde speserye, knoffel, gemmer, rissies, paprika, garam masala, borrie en tamatiepasta in ’n verwerker en verwerk tot ’n pasta vorm. Voeg die jogurt by en verwerk tot gemeng.
  2. Plaas die hoenderstukke in die pasta, bedek met kleefplastiek en marineer 30 min. of oornag.
  3. Plaas die hoender in ’n pot oor matige hitte en kook 10 min. terwyl jy roer. Voeg die tamaties by en geur na smaak terwyl jy die koljander inroer. Kook nog 10 min.
  4. Kluitjies: Meng die meel, bakpoeier en sout saam in ’n bak. Voeg die botter by en gooi die melk in terwyl jy roer tot ’n dik deeg vorm.
  5. Verdeel die deeg in balletjies. Nadat die hoendertikka 10 min. gekook het, voeg die kluitjies by vir die laaste 10 min. kooktyd.