Tuesday 17 November 2015

Karringmelk Sjokoladekoek




Karringmelk Sjokoladekoek

 Gebruik ’n broodpan van sowat 18 cm.
...
280 g (500 ml) meel
400 g (500 ml) suiker
80 g (200 ml) kakao
10 ml bakpoeier
2 eiers
5 ml sout
250 ml karringmelk
250 ml sonneblomolie
5 ml vanieljegeursel
250 ml kookwater

Verhit jou oond tot 150 ºC.

1. Plaas al die bestanddele in die mengbak van ’n elektriese menger.
2. Meng teen medium-spoed totdat alles goed gemeng is.
3. Gooi in die uitgevoerde en gesmeerde broodpan en bak vir 1 uur.
4. Haal uit en laat afkoel voor jy die koek versier.

Versiersel:
250 ml room
30 ml kakao, gesif
30 ml strooisuiker

1. Klits die room styf.
2. Voeg die kakao en strooisuiker by en meng goed.
3. Plaas in ’n spuitsak en versier die koek bo-op.