Tuesday, 17 November 2015

Volkoring-Sodabrood






Volkoring-Sodabrood
1 ronde broodjie van sowat 15 cm in deursnee
170 g (280 ml) volkoringmeel (nutty wheat)
170 g (300 ml ) koekmeel
2,5 ml sout
2,5 ml koeksoda
290 ml karringmelk

Verhit oond tot 200 °C. Plaas volkoringmeel, koekmeel, sout en koeksoda in ’n mengbak. Maak ’n holte in middel en voeg die karringmelk by. Meng goed met ’n houtlepel tot deeg vorm. Voeg nog ’n bietjie melk by as dit te droog lyk. Knie die deeg effens saam op ’n meelbestrooide oppervlak en vorm ’n ronde brood. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Sny ’n kruis bo-op met ’n skerp mes. Plaas in oond en bak 30 minute. Klop die brood bo-op en as dit hol klink, weet jy dis gaar. Haal uit en sit warm of koud voor saam met cheddarkaas, piccalilli en lekker klam beesbiltong.