Wednesday 18 November 2015

Kaaswors-omelet




Kaaswors-omelet
GENOEG VIR 2 MENSE
Bereiding: 20 min.
Gaarmaaktyd: 10-15 min.

VULSEL
4 repies spek,
grof gekap
2 kaasbraaiworsies, in skyfies gesny
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

2 stingeluie, gekap
WITSOUS
25 ml (5 t) botter
1 ui, fyn gekap
25 ml (5 t) koekmeel
200 ml melk
sout en pas gemaalde peper
OMELET
4 eiers
60 ml (¼ k) melk
sout en pas gemaalde peper
15 ml (1 e) botter
  1. Vulsel Verhit ’n pan en braai die spek tot bros. Voeg die worsies by en roerbraai ’n paar minute. Skep uit en hou eenkant.
  2. Witsous Verhit die botter in ’n kastrol en braai die ui tot sag. Roer die meel en dan geleidelik die melk by. Laat prut tot verdik en geur met sout en peper.
  3. Omelet Klits die eiers en melk en geur met sout en peper. Verhit die botter in ’n pan, skep die helfte van die eiermengsel in en bak 2 omelette (sien onder). Herhaal.
  4. Smeer van die witsous op elke omelet en versprei van die worsmengsel, kaas en stingeluie bo-op. Vou toe en sit dadelik voor.
Maak so ‘n omelet Smelt die botter in ’n kleefvrye pan en giet die eiermengsel in. Lig die kante van die omelet en wag tot dit borrel Draai dan omen bak ’n paar sekondes