Monday 16 November 2015

FRIKKADELLE MET ‘N MOZARELLAVULSEL




FRIKKADELLE MET ‘N MOZARELLAVULSEL

Bestanddele:...
450 g beesmaalvleis
1 x 125 g-bal mozzarella, fyngekap
50 g songedroogde tamaties, fyngekap
50 g vars broodkrummels
1 middelslag-eier

1 e vars basilie, gekap, plus ekstra vir garnering
sout en peper
1 e kookolie
5 e ongegeurde laevetjogurt
4 e hoemoes

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die maalvleis, mozzarella, songedroogde tamaties, broodkrummels, eier, basilie en ’n bietjie geurmiddels in ’n groot bak. Vorm 20 frikkadelle, rofweg so groot soos okkerneute.
2. Verhit die olie in ’n groot, oondvaste braaipan oor matige hitte en braai die frikkadelle totdat dit reg rondom goudbruin is. Plaas vir 10 tot 15 minute in die oond totdat die frikkadelle deurgaar is.
3. Meng intussen die jogurt en hoemoes in ’n klein bakkie. Bedruip die frikkadelle met die sous, garneer met ekstra basilie en sit met koeskoes en groente in die seisoen voor as jy wil.