Monday 16 November 2015

Struisbaai Stokvis




Struisbaai Stokvis
Net reg vir 4 mense
Bestandele:
800 g stokvis, gesny in blokkies
1 koppie broodkrummels
250 ml room
1 koppie gerasperde mozzarellakaas
gerasperde skil van een suurlemoen
handvol pietersielie
sout en peper
Metode:
Smeer 'n glasbak met botter, en pak vis onderin.
Strooi sout en peper, asook suurlemoenskil oor.
Gooi die room oor die vis.
Strooi die pietersielie oor.
Meng broodkrummels en mozarella, en sprinkel dit oor dis.
Bak teen 180 grade vir 30 minute.
(Southern Staying Struisbaai Agulhas)