Monday 16 November 2015

Basaar Koekstruif




Basaar Koekstruif
Lewer 40-50 porsies

Hierdie outydse lekkerny sal jou na jou kinderdae laat verlang. Dit proe soos die koekstruif wat ons ma’s en ouma’s op Kersdag of vir Nuwejaar gemaak het. Dis ’n grootmaatresep, halveer dit, of deel deur ...vier as jy dit vir minder mense wil maak.

Dag 1:
Maak 2 pakkies rooi jellie en 2 pakkies groen jellie in twee bakke aan volgens die aanwysings op die pakkies. Laat dit oornag in die yskas stol. Halveer 250 g rooi glanskersies en snipper 20 ingelegde groenvye in stroop en sit dit saam in ’n bak. Giet 250 ml brandewyn bo-oor en laat week dit ook oornag.

 Dag 2:
Maak 2 liter dik vla (resep volg hierna) en laat dit afkoel tot louwarm, nie gestol nie. Sny 3 konfytrolle (of 3 x 20 cm sponskoeke wat met appelkooskonfyt gesmeer is) in blokkies en besprinkel die koekblokkies met 650 ml sjerrie. Pak die helfte van die koekblokkies in ’n groot houer. Dreineer die kersies en groenvye, maar hou die brandewyn waarin dit geweek het. Skep die helfte van die brandewyn oor die koek.

 Skep nou 1 liter van die dik vla bo-op en skep die helfte van die kersie-en-groenvyemengsel op die vla. Roer die jellie met ’n vurk. Skep die helfte van die rooi en helfte van die groen jellie bo-op die vrugte. Herhaal nou die lae nog een keer. Klop 1 liter room styf saam met 125 ml strooisuiker en 20 ml vanieljegeursel en skep of spuit dit op die koekstruif.
Versier met 500 ml gekapte pekanneute of dieselfde hoeveelheid geroosterde, gevlokte amandels