Monday 9 November 2015

Soetrissie, Botterskorsie en Feta Tert Resep




Soetrissie, Botterskorsie en Feta Tert Resep
'n Halwe Middelslag Botterskorsie in blokkies gesny en gaar gestoom of gebak
'n Rol Skilferkors or Filo Deeg
Soetrissie Sous
Heuning
Roosmaryn
Sout
Fetakaas
Dennepitte
Voer 'n tert bak uit met skilferkors deeg, gebruik 'n vurk om die deeg in die bodem vol gaatjies te steek sodat die vloer van die tert nie probeer styg wanneer jy die tert bak nie.
Ek stoom gewoonlik my botterskorsie blokkies vooraf gaar en laat dit effens afkoel en uitdroog voor ek dit gebruik sodat die tert nie te waterig raak nie. Klad die skorsie droog as dit te nat is. Meng jou gaar botterskorsie blokkies met soetrissie sous na smaak - 'n paar eetlepels behoort genoeg te wees. As jou soetrissie sous baie branderig is, gooi ekstra heuning by. Geur met sout en roosmaryn en meng 'n groot stuk fetakaas by. Ek bruik ten minste 100g feta maar meer of minder sal ook werk.
Bak die tert in die oond teen 180 grade tot gaar vir ongeveer 20-30 minute. Gooi 'n hand vol dennepitte bo-oor net voor die tert klaar gebak is sodat hulle nie verbrand nie. Ekstra feta en roosmaryn kan dan ook bo-oor gegooi word. Bak dan vir nog 'n paar minute.

****Meeste kos maak ek maar so sonder veel afmetings. Soms is ek lus vir meer of minder van 'n chilli smaak en soms wil ek meer of minder feta hê. Gewoonlik maak ek hierdie dis met Filo deeg, maar gisteraand het ek dit sommer met skilferkors gemaak en dit was net so lekker. Met Filo deeg moet jy natuurlik elke lagie teen 'n hoek neerlê en dit met botter verf voordat jy nog 'n lagie teen 'n hoek bo-oor lê, so bou jy 'n kors tot dit dik genoeg is.