Tuesday 3 November 2015

Crunchies




Crunchies
Maak: 1 bakplaat
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 20 minute...
Oondtemperatuur: 180 °C

• 160 g (175 ml) botter
• 30 ml gouestroop
• 40 g (125 ml) droë klapper
• 50 g (125 ml) fyn amandel (of gebruik nog 40 g droë klapper)
• 1 ml koeksoda
• 105 g (250 ml) suiker
• 210 g (500 ml) hawermout
• 135 g (250 ml) koekmeel
• 50 g (125 ml) amande-lvlokkies
1 Smelt die botter en goue-stroop saam.
2 Meng die ander bestand-dele (behalwe die amandel-vlokkies) en ’n knypie sout in ’n mengbak. Roer die botter-en-stroop daarby en meng dit deur.
3 Druk die mengsel vas in ’n gesmeerde bakplaat, sprinkel die amandel-vlokkies bo-oor en druk dit ook vas. Bak dit in die verhitte oond tot dit goudbruin is. Haal dit uit die oond en sny dit in vierkante of reghoeke.
Variasie: Vervang die amandels met sonneblom- en sesamsaad.