Monday 30 November 2015

Bar One Trifle





Bar One Trifle
GENOEG VIR 6-8 MENSE
Bereiding: 20 minute
Verkoeltyd: oornag
...
BESTANDELE:
1 pakkie (90 g) sjokoladekitspoeding
400 ml melk
125 g roomkaas
250 ml (1 k) room, styf geklits
1 pakkie (200 g) Romany
Creams, grof gebreek
sjerrie vir oorsprinkel
2 groot (100 g elk) Bar-Onestafies, in blokkies gesny
METODE:
Klits die kitspoeding en melk saam tot dit net begin verdik.
Roer die roomkaas by die room in.
Sprinkel die helfte van die gebreekte koekies in ’n glasbak en besprinkel met die sjerrie. Skep ’n laag sjokoladepoeding oor.
Skep ’n laag room oor en sprinkel van die sjokolade oor.
Herhaal die lae en rond af met stukkies Bar-One. Plaas in die yskas tot stewig.
WENK
Verlaag die kilojoule-inhoud van die nagereg deur laevetmelk, -roomkaas en -room te gebruik