Tuesday, 13 October 2015

Vrugtekoek Biscotti



Vrugtekoek Biscotti

Room saam: 125 gr sagte margarine, 185 ml suiker, 2 eiers en 1 t vanilla geursel. Sif saam: 500 ml koekmeel, 2 t bakpoeier kwart t sout en halwe t fyn kaneel. Meng meel by eiermengsel en voeg gekapte neute by, jy kan ook gekapte donker sjokolade, cherries, bosbessies of vrugtekoek mengsel byvoeg. [so 100 gr]. Plaas deeg in plastieksakkie en laat rus in yskas vir 30 minute. Skakel oond op 180 gr C. Smeer bakplaat en deel deeg in twee. Rol in lengte en plaas op bakplaat, Bak vir 30 minute tot goudbruin. Haal uit oond en koel af, sny in skuins stukke en plaas terug op bakplaat.  Droog uit by 100 gr C.



No comments:

Post a Comment