Tuesday 13 October 2015

PYNAPPEL YSKAS TERT




PYNAPPEL YSKAS TERT
Kors:
1 Pakkie tennisbeskuitjies/gemmerkoekies -fyngedruk
100g botter (gesmelt in mikrogolf)...
Meng bogenoemde en druk vas in ‘n tertpan.
Plaas in yskas terwyl jy die vulsel maak sodat hy lekker kan afkoel.

Vulsel:
1 Blikkie kondensmelk
1/2 koppie suurlemoensap - help met die stol
1 blikkie “crushed” pynappel (gooi jou sap af)
300ml room (styfgeklits)
Ek werk sommer met houtlepel.
Meng die kondensmelk en pynappel bymekaar.
Voeg die suurlemoensap by.
Vou die room in.
Gooi oor die tertkors.
Sit in die yskas vir tenminste 3 ure of oornag.