Tuesday 13 October 2015

Skons




Skons
Lewer 12 skons
Bereiding: 10 minute
Baktyd: 12 minute
500 ml (2 k) bruismeel en ekstra vir knie
45 ml (3 e) strooisuiker
’n knippie sout
60 ml (¼ k) korente
60 g botter, in blokkies gesny
250 ml (1 k) karringmelk
konfyt en kaas vir voorsit
Voorverhit die oond tot 220 ⁰C.
  1. Voer ’n bakpan met bakpapier uit en bespuit met kossproei.
  2. Sif die meel, suiker en sout in ’n bak.
  3. Voeg die korente by en meng.
  4. Voeg dan die botter by.
  5. Vryf die botter met jou vingers by die meel in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
  6. Maak ’n holte in die middel van die mengsel.
  7. Voeg die karringmelk by.
  8. Roer dit met ’n plat mes tot ’n klewerige deeg vorm.
  9. Keer dit uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
  10. Knie sagkens tot glad.
  11. Rol die deeg sagkens met ’n deegroller uit.
  12. Hou dit dik.
  13. Gebruik ’n ronde koekiesnyer om die skons mee uit te sny.
  14. Druk enige oorblywende deeg saam.
  15. Herhaal om 12 skons te maak.
  16. Pak die skons op die voorbereide pan.
  17. Verf dit met melk en bak vir 12 minute of tot goudkleurig.
Sit voor met konfyt en kaas.