Monday 26 October 2015

vegetariese herderspastei




vegetariese herderspastei
Bestanddele
4 - 6 aartappels...
3 koppies gaar lensies
¼ teelepel tiemie
100ml water
1 teelepel Marmite
1 blokkie groente-aftreksel
1 ui, gekap

1 eetlepel blatjang
1 klein blikkie tamatiesmeer
1 eetlepel Maizena (opsioneel)
Metode
Maak kapokaartappels en hou eenkant.
Meng die lensies met die tiemie, en hou eenkant.
Meng die water met die res van die bestanddele.
As dit te loperig is, voeg die Maizena by.
Voeg die lensies by die res van die bestanddele.
Plaas die lensiemengsel in 'n oondbak.
Bedek dit met die kapokaartappel.
Bak teen 180 grade vir 30 minute.