Thursday 15 October 2015

Veerligte botterversiersel




Veerligte botterversiersel
Bestanddele: (genoeg vir ongeveer 24 kolwyntjies of 2 koeklae)
•250 g sagte botter (baie sag, maar nie gesmelt)
•500 g versiersuiker, gesif
•5 ml vanielje geursel (of geursel van jou keuse)
•30-45 ml melk
Metode:
1.Klits botter met elektriese klitsers tot dit sag, wit en donsig is.
2.Voeg die versiersuiker by, en klits totdat dit gemeng is – dit neem ‘n rukkie vir die versiersuiker om deel te raak van die botter. Doen dit op lae spoed, anders sal dit baie mors.
3.Voeg nou die geursel by, en klits goed.
4.Voeg nou die melk by, 15 ml op ‘n slag, en klits goed. Klits totdat die mengsel veerlig is, maar steeds ‘n vorm kan behou.
5.Plaas in ‘n spuitsak met die tuit van jou keuse en versier jou kolwyntjies, of gebruik ‘n paletmes om jou koek te versier.