Tuesday 13 October 2015

Cremora Tert




Cremora Tert

Bestanddele

KORS:...
1 pak (200 g) Mariebeskuitjies, fyngemaak
100 mℓ gesmelte botter (margarien is destyds gebruk)

VULSEL:
1 pak (250 g) Cremora-koffieverromer
125 ml (1/2 koppie) kookwater

1 blik (397 g) kondensmelk
125 ml (1/2 k) suurlemoensap
Opsioneel: Vars vrugte en jellie as bo-laag.
Instruksies

Meng die beskuitjies en die gesmelte botter goed en druk in ‘n 23 cm tertbord
vas. Verkoel die tertkors.
Los die koffieverromer in die kookwater op en laat afkoel. Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam. Voeg die opgeloste Cremora by en klits tot dik, romerig en wit. Skep die vulsel in die voorbereide kors en verkoel tot stewig.
Wenk: Die tert kan versier word met vars vrugte in jellie soos op die foto aangedui, met koekiekrummels oor, met geklopte room of net so.