Thursday 15 October 2015

Gemmerkoekies



Gemmerkoekies

Maak: omtrent 80
Bereidingstyd: 1 uur
Baktyd: 12 minute per hoeveelheid
Oondtemperatuur: 180 °C

• 680 g (1 250 ml) koekmeel
• 225 g (385 ml) mielieblom
• 230 g (250 ml) botter
• 450 g (315 ml) gouestroop
• 2 groot eiers, geskei
• 9 g koeksoda
• 450 g (520 ml) bruinsuiker
• 10 ml fyn gemmer

1 Sif die koekmeel en mielieblom saam. Klits die botter en goue-stroop saam.

2 Klits die eierwitte styf, roer die eiergele by en roer dit dan by die bottermengsel.

3 Los die koeksoda op in 60 ml warm water. Meng dit saam met die orige bestanddele by die bottermengsel.

4 Rol die deeg in klein bolletjies en pak dit op ’n gesmeerde bakplaat – los genoeg plek tussenin omdat die bolletjies uitsprei terwyl dit bak. Bak dit vir 12 minute in die verhitte oond of tot dit goudbruin is. Haal die koekies uit die oond en laat dit op ’n draadrak afkoel. Bêre dit dan in ’n lugdigte houer.