Wednesday 21 October 2015

VANIELJE-KOLWYNTJIES




VANIELJE-KOLWYNTJIES
Genoeg vir 12
Tyd: 45 minute
Oondtemperatuur: 180°C
BESTANDDELE
250ml koekmeel
2.5ml bakpoeier
1ml koeksoda
1ml sout
190ml witsuiker
95ml sagte botter
2 ekstragroot eierwitte
5ml vanieljegeursel
200ml karringmelk
METODE
1 Spuit jou kolwyntjiepan met Spray and Cook sodat jou kolwyntjiehouertjies daaraan vasklou en nie rondbeweeg terwyl jy die beslag ingooi nie.
2 Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
3 Meng die witsuiker en botter saam in ’n aparte bak met ’n elektriese klitser, tot lig en donserig.
4 Gooi die eierwitte een-vir-een op by en meng goed. Meng dan die vanieljegeursel by.
5 Gooi nou die meelmengsel en die karringmelk afwisselend by. Meng goed na elke byvoegsel.
6 Skep die mengsel in die papier vormpies tot half vol.
7 Bak in die oond vir 15 tot 20 minute, tot goudbruin of tot jou toetspen skoon uitkom.
8 Sit op ’n afkoelrak tot dit heeltemal afgekoel het en versier.

VERSKILLENDE GEURE
Speel met geure om die kolwyntjies meer interessant en onvergeetlik te maak! Hier is ’n paar voorbeelde:
Kersie- en lemoen.
Karamel en toffiekolwyntjies
Framboos- en Pistachio-neutkolwyntjies
Piesang, karamel en toffie
Grondboontjiebotter- en donkersjokoladekolwyntjies
Gesoute karamelkolwyntjies
Versuikerde haselneutkolwyntjies
Fudge en Nougat-kolwyntjies
Kersie- en sjokoladekolwyntjies
Perske- en kruisementkolwyntjies
Vanielje- en frambooskolwyntjies
Donkersjokolade-, vye- en roomkaaskolwyntjies

http://www.troukoors.co.za/oulike-idees-vir-kolwyntjies-op-jou-troue/