Wednesday, 21 October 2015

OONDGEBAKTE FRANSE ROOSTERBROOD




OONDGEBAKTE FRANSE ROOSTERBROOD
Tyd: 25 minute
Genoeg vir 4-6
BESTANDDELE
1 ciabatta brood
4 ekstragroot eiers
1 koppie melk
4 eetlepels room (opsioneel)
1 koppie gerasperde kwaliteit parmesaan-kaas
Sout
Growwe swartpeper
Knippie rooipeper
Houertjie kersietamaties
1 eetlepel olyfolie
METODE
1 Sny die brood en rangskik snye in ’n oondvaste bak.
2 Strooi twee derdes van die kaas tussen die snye.
3 Klits die eiers, melk, room, ’n stewige knip sout (so kwart teelepel) en ’n gesonde draai swartpeper saam. Gooi oor die brood.
4 Bedek met die orige kaas en sprinkel ’n knippie of twee rooipeper oor. Bak teen 200C tot goudbruin en deurgraar (m.a.w. geen loperige mengsel nie – dit vat so 15 minute). Sit die roosterelement aan vir die laaste minuut of wat. ’n Goudbruin kors buite en kaserige soufflé tekstuur binne, wat kan dan nou beter?
5 Gooi die olyfolie oor die tamaties en bak terselfdertyd in ’n vlak roosterpan. Bedien dadelik.