Tuesday 27 October 2015

Tjoklitvrugtekoek




Tjoklitvrugtekoek
125 g botter
150 g bruinsuiker
100 g gesmelte donkersjokolade
125 mℓ sterk koffie
70 mℓ Van der Hum-likeur
50 mℓ Cape Velvet-likeur

100 g gemengde neute
400 g vrugtekoekmengsel
100 g gekerfde groen vye, waatlemoenstukke, ingelegde nartjiestukke en kersies, gemeng
30 mℓ kakaopoeier
200 g koekmeel
50 mℓ bruismeel
5 mℓ gemengde speserye
2 eiers, liggies geklits
Voorverhit die oond tot 160°C.
Gebruik 'n diep koekpan en onthou om die bodem met gesmeerde bakpapier uit te voer.
Klop die botter, suiker en kakao saam tot romerig.
Smelt die sjokolade en meng dit met koffie, Van der Hum- en Cape Velvet-likeur.
Gooi die koffiemengsel oor die vrugtekoekmengsel in 'n groot mengbak.
Roer die neute en ander vrugte by.
Skep die bottermengsel by en meng deeglik.
Sif die koekmeel, bruismeel en gemengde speserye by en meng goed.
Voeg die liggies geklitste eiers laaste by en meng weer goed.
Skep die mengsel in die voorafbereide pan.
Bak vir ongeveer twee uur tot gaar.
Druk 'n mes in die middel; as die lem skoon uitkom is die koek gaar.
Gooi nog Van der Hum-likeur oor sodra die koek uit die oond kom en laat dit in die pan afkoel.
Draai die koek in aluminiumfoelie toe en bêre dit vir minstens 'n maand om goed ryp te word.
Resep: Willie Strauss