Tuesday 27 October 2015

Dieet-sjokoladeneut-hawermoutkoekies




Dieet-sjokoladeneut-hawermoutkoekies
LEWER 12 KOEKIES
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute
25 ml (5 t) laevet-margarien
125 ml (½ k) fruktose
2 ml (½ t) amandelgeursel
30 ml (2 e) kakao
200 ml bruismeel
125 ml (½ k) hawermout
90 ml (6 e) afgeroomde melk
12 pekanneuthalwes of heel amandels
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n paar bakplate.
1. Klits die margarien en fruktose saam tot goed gemeng. Voeg die amandelgeursel by.
2. Sif die kakao en bruismeel saam en roer by die mengsel in. Voeg die hawermout by en meng in. Meng die melk by en meng tot ’n stywe deeg.
3. Rol die deeg in okkerneutgrootte bolletjies en pak op die bakplate. Druk effens plat met ’n vurk en plaas ’n neuthelfte op elkeen.
4. Bak 15-20 minute of tot die koekies gaar is, maar nog steeds sag. Laat op die bakplate afkoel en plaas dan op ’n afkoelrakkie om heeltemal af te koel. Bêre in ’n lugdigte houer.